NewsNews

Kerk gryp in oor veiligheid in Potchefstroom

Ons gemeenskap word geteister deur ’n vlaag van geweld. “Wat doen ek?” is op almal se lippe.

Ons gemeenskap word geteister deur ’n vlaag van geweld. “Wat doen ek?” is op almal se lippe.

Die Hervormde-gemeente Potchefstroom-Noord poog om met die Veiligheidsberaad- en Sekuriteit Ekspo die vraag te beantwoord.    “In samewerking met StratTech, ’n sekuriteits-tegnologiese maatskappy, wil ons jou in staat stel om jou, jou familie, jou eiendom en besigheid te beveilig. In die onderhandelings met StratTech het ons besef dat ons ook moontlikhede vir die landelike eienaar en skole kan bied.   “Ons praat van bekostigbare opsies soos sintetiese DNA merking, slotte met noodseine, kluisbeskerming, kringbeeld kameras ens., maar ook omvattende opsies soos heinings wat voetstappe identifiseer, lang afstand hittekameras en herkenning van onwettige selfone,” sê ‘n woordvoerder van die gemeente.” Bekende sprekers waaronder  adv. John Welch en adv. Hans-Jurie Moolman en genl. Roland de Vries gaan knelvrae oor die wapenwet, grondonteiening en gemeenskapsbeveiliging hanteer.    ’n Verskeidenheid sekuriteitstalletjies gaan ook hul produkte ten toon stel. Radio Overvaal Stereo is teenwoordig, daar is vermaak vir die kinders beskikbaar en eetgoed te koop.    Hierdie is ’n geleentheid vir jou gemoedsrus.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button