Rou riool oorvloei

Duisende liters rou riool stroom uit 'n mangat langs die N12 tussen die twee ingange na die woongebied. Die riool stroom in 'n spruit wat onder die N12 deurloop en dan onderdeur die spoor waar dit in privaatgrond inloop, dan koers kry tot in 'n vleiland. Vandaar gaan dit vermoedelik later koers kry om in die Mooirivier in te loop. Geen kommentaar kon tot dusver nog van die stadsraad verkry word nie. Potchefstromers kla al verskeie dae lank oor die stank wat oor daardie deel van die stad hang.

Back to top button