NewsNews

Liefdevolle honde van gesin vergiftig

Twee honde wat deel is van ‘n gesin in Grietjiestraat is op 10 Augustus dood nadat hulle vergiftig is.

Twee honde wat deel is van ‘n gesin in Grietjiestraat is op 10 Augustus dood nadat hulle vergiftig is. 

Volgens die eienaar van die honde, Sea Verster, het die huishulp haar kom roep omdat een van die honde baie gebewe het. Daar het ook skuim by sy mond uitgekom. 

“My seun het kom help maar die hond was binne minute dood,” sê sy

Kort nadat die eerste hond dood is het die ander een dieselfde simptome begin wys. 

“Ons is dadelik veearts toe, maar die hond is dood voor hy gehelp kon word. Die veearts het vir ons gesê die gif is definitief ‘two-step’,” het sy vertel. 

Volgens Verster is dit vir hulle ‘n baie emosionele ervaring omdat die twee honde deel van die gesin was. 

“Charlie het ons aangeneem en Tjokie was maar ‘n jaar oud,” vertel sy. 

Tjokie die jaar oue Sharpei wat vergiftig is

Volgens haar is hulle nou onrustig omdat sy van vier gevalle van hondevergiftiging in die area weet. 

Ons weet nie of ons moontlik geteiken word vir inbrake nie,” sê sy. 

Gelukkig is daar nog tot dusver nie by Verster se huis ingebreek nie. 

Adj.off. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. 

“‘n Saak van dieremishandeling word ondersoek,” sê sy

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button