SportSport

Twee puik lewensredders bring ses medaljes huistoe

Potchefstroom se twee Suid-Afrikaanse lewensredders, Botha du Toit en Bianca Opperman, het hulle reputasie met puik medaljevertonings by die Orange Cup in Nederland vanaf 23-24 Junie verstewig. Opperman, ‘n Graad 10-leerder in Potchefstroom Girls High, het drie bronsmedaljes behaal, terwyl Du Toit, ‘n matriekleerder van Gimmies ook drie bronsmedaljes verwerf het. Opperman het in die …

Potchefstroom se twee Suid-Afrikaanse lewensredders, Botha du Toit en Bianca Opperman, het hulle reputasie met puik medaljevertonings by die Orange Cup in Nederland vanaf 23-24 Junie verstewig.

Opperman, ‘n Graad 10-leerder in Potchefstroom Girls High, het drie bronsmedaljes behaal, terwyl Du Toit, ‘n matriekleerder van Gimmies ook drie bronsmedaljes verwerf het.

Botha du Toit en Bianca Opperman het weer in lewensredding geskitter en by die Orange Cup in Nederland 'n klomp medaljes behaal.
Botha du Toit en Bianca Opperman het weer in lewensredding geskitter en by die Orange Cup in Nederland ‘n klomp medaljes behaal.

Opperman het in die 200m hindernis-item sowel as twee aflos-items, derde plekke behaal. Du Toit het nou weer in die 200m Super Lifesaver-item, 200m hindernis-item en die 100m Tow and Tube-items sy temperament met bronsmedaljes getoon.

Voor hierdie twee plaaslike lewensredders, op die vliegtuig na Nederland vir dié internasionale lewensreddingsbyeenkoms geklim het, was hulle optimisties, maar het met nog groter glimlagte in SA teruggekeer.

“Ek het baie by dié gala-byeenkoms geleer. Dit was regtig ‘n goeie ervaring gewees. Ek sou sê die sportmanskap en manier hoe dinge ook oorsee gedoen word maak dit lekkerder om te kompeteer,” noem Opperman. Du Toit stem ook saam met Opperman en voel meer as tevrede met sy prestasies in Nederland, aangesien hy voor sy vertrek met die hoofdoel gegaan het om sy tye te verbeter. ’n Spesiale oomblik was toe Botha twee van sy medaljes op sy oorlede broer, Martin, se verjaarsdag gewen het.

Wat hierdie twee lewensredders se prestasies nog meer indrukwekkend maak is dat hulle albei nie langer as drie jaar aan hierdie sport deelneem nie en alreeds baie bereik het.

“My doelwit is om volgende jaar hopelik Spanje toe te gaan om weer oorsee aan ‘n Wêreldkampioenskappe deel te neem,” sluit Opperman af.

Bertie en Elsa du Toit sê dankie:

“Hiermee wil ons graag al ons familie, vriende en die gemeenskap van Potchefstroom bedank vir elke individu wat sy/haar hart en beursie oopgemaak het om Botha se lewensredding-toer na Nederland moontlik te maak. Van koekies en jagkaartjies koop, kontantskenkings, boodskappe tot vriendelike aanmoediging. Dit het vir ons soveel beteken. Die bewys dat ten midde van soveel negatiewe nuus elke dag, daar nog soveel liefde daagliks deur mense uitgedra word.”

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button