NewsNews

DBV red twee perde uit swembad

Twee perde wat die naweek in die swembad van ’n lodge buite Potchefstroom beland het, is na ure se gespook uit die swembad gered.

Twee perde wat die naweek in die swembad van ’n lodge buite Potchefstroom beland het, is na ure se gespook uit die swembad gered.

Die perd word uit die swembad uit gelig
Die perd word uit die swembad uit gelig

Volgens Tommie Viljoen, veldassistent van die DBV, word vermoed dat die perde reeds vir twee dae in die swembad was, voordat iemand hulle gevind het. Volgens hom het die mense van die lodge hulle Dinsdagoggend geskakel toe hulle die perde in die swembad vind.
“Ons vermoed die perde het water gesoek en toe in die swembad geval. Toe ons daar aankom was hulle in ’n baie slegte toestand.
“Hulle was baie koud, erg oortrek met bosluise en het ander beserings ook gehad,” het Viljoen gesê.
Die DBV se veearts, dr. Ninette Leistner, het die perde behandel. Daar is ses perde, maar dit is nie duidelik wie die eienaar is nie. Al die perde is tans by die DBV, waar hulle onder die leiding van dr. Leistner versorg word.
Volgens Viljoen het dit sowat vier ure geneem om die perde uit die swembad te haal. Die brandweer het kom help en die stadsraad het ’n werktuig gestuur om die perde uit die swembad te lig.
Daar word vermoed dat die perde bloot in die veld naby die lodge gelos is. Volgens Viljoen is die perde gebrandmerk, maar die eienaars is nog nie opgespoor nie. Die polisie se veediefstal-eenheid is ook besig met ‘n ondersoek om die eienaars te vind.

Uiteindelik is die perd uit die swembad uit
Uiteindelik is die perd uit die swembad uitVolgens Darren Kruger, voorsitter van die Potchefstroom DBV, benodig die perde voer soos tef en gewone- en oulandsgras. Skenkings kan direk by die DBV afgelaai word.

Related Articles

Back to top button