NewsNews

Vandalis verniel gholfbaan

Die Potchefstroom Buiteklub sit met hulle hande in hulle hare nadat ‘n bestuurder van ‘n bakkie Saterdagmiddag die gholfbaan se 12de en 13de setperke opsetlik beskadig het. Groot skade is op hierdie setperke aangerig met gras wat uitgery is en bandmerke wat agtergelaat is. Volgens Coenie Schoonhoven, sekretaris van die gholfklub, is die skade groot …

Die Potchefstroom Buiteklub sit met hulle hande in hulle hare nadat ‘n bestuurder van ‘n bakkie Saterdagmiddag die gholfbaan se 12de en 13de setperke opsetlik beskadig het.
Groot skade is op hierdie setperke aangerig met gras wat uitgery is en bandmerke wat agtergelaat is. Volgens Coenie Schoonhoven, sekretaris van die gholfklub, is die skade groot en die totale herstel per setperk sowat R50 000 tot R60 000.
“Dit is teleurstellend dat iemand ons baan so kom beskadig.
“Ons werk hard om die baan in ‘n puik toestand te hou. In dié stadium het ons die beskadigde gedeeltes opgelig en die gras weer terug geplant, maar as ons die totale setperke moet oordoen sal dit ‘n aardige bedrag kos,” het Schoonhoven genoem.
Volgens ooggetuies op die gholfbaan het die bakkie helder oordag die gras op hierdie setperke op ‘n roekelose wyse verrinneweer.
“Ons reken dat die bestuurder heel moontlik onder die invloed was, want niemand sal so iets nugter doen nie. Dit is ook moontlik dat dit iemand is wat die opset goed geken het, aangesien die 12de en 13de setperke nie maklik toeganklik is nie,” noem Schoonhoven.
Volgens Schoonhoven is die skuldige party nog nie geïdentifiseer nie.
Enige persoon wat inligting rondom hierdie gebeure het, kan die klubbestuurder, Maryke Benade, by (018) 293 0677 kontak.

Twee setperke by die Potchefstroom Buiteklub se gholfbaan het erge skade opgedoen toe ‘n bestuurder van ‘n wit bakkie die skade aangerig het. Foto: Facebook

 

Related Articles

Back to top button