NewsNews

Skikking bereik in ‘Kat-tannie’ saak

Nina Burger, beter bekend in Potchefstroom as die Kat-tannie is twee jaar gelede deur ’n man en ’n vrou erg aangerand terwyl sy een aand besig was om straatkatte te voer.

’n Saak van aanranding wat in September 2016 aangemeld is, is uiteindelik afgehandel. Nina Burger, beter bekend in Potchefstroom as die Kat-tannie is twee jaar gelede deur ’n man en ’n vrou erg aangerand terwyl sy een aand besig was om straatkatte te voer.

Dié saak is uiteindelik afgehandel toe daar onlangs ’n skikking tussen die partye bereik is. Sy sê hoewel sy nie baie tevrede is met die uiteinde van die saak nie, is sy steeds dankbaar dat dit afgehandel is.
Burger ry steeds daagliks op haar bromponie die dorp vol en voer sowat 300 straatkatte.

Related Articles

Back to top button