SportSport

Luiperds reg om Griekwas op die Fanie aan te vat

Dis dalk moeilik om te glo, maar na vier wedstryde in vanjaar se Supersport Uitdaagreeks, gaan die Luiperds hierdie Vrydag, 25 Mei vir die eerste keer in Potchefstroom op die Fanie du Toit Sportgronde speel. Hulle teenstanders is die Griekwas, wat hierdie seisoen vir die Luiperds een van hulle rofste pakslae ooit met 80-14 uitgedeel …

Dis dalk moeilik om te glo, maar na vier wedstryde in vanjaar se Supersport Uitdaagreeks, gaan die Luiperds hierdie Vrydag, 25 Mei vir die eerste keer in Potchefstroom op die Fanie du Toit Sportgronde speel.

Hulle teenstanders is die Griekwas, wat hierdie seisoen vir die Luiperds een van hulle rofste pakslae ooit met 80-14 uitgedeel het.
Dit is nou ‘n gulde geleentheid vir die Luiperds om voor hulle tuisskare ’n blink nuwe bladsy teen die manne van Kimberley om te blaai.

Sake gaan reggestel moet word en daar sal geen beter medisyne vir Jonathan Mokuena se manne wees om hulle eerste wen teen dieselfde Griekwas te behaal nie.

“Dit is waar dat daardie nederlaag steeds seermaak, maar ons moet vorentoe kyk. Hierdie naweek gee vir ons ‘n geleentheid om verder te verbeter en ‘n wen deur te trek. Die manne het ’n ruskans gehad en my hoop is dat hulle vol energie sal wees vir die uitdaging,” noem Mokuena, nadat sy span die afgelope naweek ‘n loslootjie gehad het.

Die bestendige vennootskap van Chriswill September en Schalk Hugo kan deurslaggewend wees, met die senters Bradley Moolman en Evardi Boshoff wat begin om hulle ritme te kry.

Een goeie aspek van die Luiperds sover hierdie seisoen is hulle skrumwerk met die voorry van Joe Smith, Louis van der Westhuizen en Matimu Manganyi wat hul stempel moet afdruk.

Aan die Griekwas se kant sal die kwiksilwer agterlyn wat die voormalige Shimla, AJ Coertzen en Matie, Kyle Steyn insluit, ‘n groot gevaar vir die Luiperds se verdediging bied.

Die vaardige skopvoet van André Swarts kan ook ‘n beduidende faktor in die uitslag wees.
“Hierdie Vrydag se wedstryd gaan ‘n groot uitdaging wees, maar ons is reg om ons geleenthede te gebruik. Enige iets kan op die dag gebeur. Die ouens is weer terug waar hulle tuis voel en ek hoop dat dit vir hulle nog meer inspirasie sal gee,” sê Mokuena.

Die wedstryd skop om 15:00 af.
Luiperds teen Griekwas
1. Joe Smith
2. Chucky van der Westhuizen (kaptein)
3. Matimu Manganyi
4. Stairs Mhlongu
5. Walt Steenkamp
6. Gideon van der Merwe
7. Johan Retief
8. HP Swart
9. Chriswell September
10. Schalk Hugo
11. Gene Willemse
12. Bradley Moolman
13. Evardi Boshoff
14. Justin Newman
15. Lungelo Goza

Plaasvervangers
16. Dane van der Westhuizen.
17. Robert Hunt
18. Jaco Swanepoel
19. Boela Venter
20. Eugene Hare
21. DP de Lange
22. Merlynn Pieterse

AJR

https://www.nbcarsales.co.za/

Related Articles

Back to top button