NewsNews

Twee vas nadat familiehond inbrekers verjaag

“Hy het ons met sy lewe beskerm.” So sê ’n inwoner van Potchefstroom nadat drie van sy honde vergiftig en twee in die proses dood is.

“Hy het ons met sy lewe beskerm.” So sê ’n inwoner van Potchefstroom nadat drie van sy honde vergiftig en twee in die proses dood is. Volgens Meyer Klopper, ’n inwoner van Rissikstraat, blyk dit dat twee mans by hulle venster gepeuter het nadat hulle giftige vleis in die erf gegooi het.

“Dit lyk of Willem (die familie se labrador) hulle verjaag het voor hy dood is, want die twee verdagtes is daarna na sy bure toe waar hulle probeer het om ‘n motorfiets te steel.

Hulle is Dinsdagoggend omstreeks 01:00 in hegtenis geneem. Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het hulle die betrokke dag ’n noodoproep ontvang.
“Die verdagtes was besig om ’n motorfiets te steel en met die aankoms van die eerste reaksievoertuig het die verdagtes gevlug,” het hy gesê. Drie verdagtes het glo na aangrensende erwe gevlug. Na ’n kort jaagtog het Mooirivier Beskerming se beamptes twee van die verdagtes vasgetrek. “Een verdagte en twee van ons beamptes het tydens die jaagtog geringe beserings opgedoen,” het hy gesê.

Willem saam met Mia, Klopper se dogter en haar maats

 

Dit blyk dat die verdagtes eers by ’n ander huis wou inbreek. Hulle het die honde van die huis vergiftig. Twee van Klopper se drie honde is dood. Die derde hond het oorleef en sterk tans by die huis aan. Behalwe vir Willem is die familie se vier maande oue poedel, Yui, ook dood.
“Willem was die enigste een wat van die giftige vleis geëet het. Die ander twee honde het daar waar Willem begin braak het, gelek. Ons is baie groot hondemense, my vrou is baie hartseer,” het Klopper gesê. Volgens Haefele het die verdagtes die vleis weggegooi toe hulle gevlug het.

Yui was slegs vier maande oud

“Ons kon daarin slaag om die sak vleis, waarin die gif was, op te spoor,” het hy gesê. Die twee is aan die polisie oorhandig. Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het inwoners aangeraai om van “data dot” tegnologie gebruik te maak. Volgens hom sal dit baie help om gesteelde voertuie te identifiseer.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button