SportSport

Lanbou Gholfklub is ‘n ware diamant in Potchefstroom

Soms vind ‘n mens versteekte juwele en dan wonder jy waarom jy nie al lankal hiermee kennis gemaak het nie. Vir baie Potchefstromers sal so ‘n juweel die Landbou Gholfklub wees wat op die terrein van die Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Bosbou geleë is. Die afgelope tyd blyk dit dat heelwat gholfspelers en …

Soms vind ‘n mens versteekte juwele en dan wonder jy waarom jy nie al lankal hiermee kennis gemaak het nie.
Vir baie Potchefstromers sal so ‘n juweel die Landbou Gholfklub wees wat op die terrein van die Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Bosbou geleë is.
Die afgelope tyd blyk dit dat heelwat gholfspelers en ander instansies wat gholfdae aanbied, onbewus is van die bestaan van hierdie fasiliteit.
Volgens Chris Cloete, ’n lid van die komitee van die Landbou Gholfklub, is die ligging en die besondere uitleg van die baan net een van die groot redes waarom gholfspelers die fasiliteite geniet.
“Dit is ‘n negegaatjie-baan wat weens die besondere uitleg groot uitdagings aan spelers bied. Ons het ‘n groot moderne tweeverdieping klubgebou op die perseel met kroegfasiliteite waar etes en versnaperinge teen mededingende pryse verskaf word,” noem hy.
Nog ‘n aspek wat na aan die hart van dié gholfklub lê, is die opbou van die plaaslike jong spelers wat toegang tot die fasiliteite kry. As deel van ‘n uitreikingsprogram speel die Landbou kollege se studente Maandae, Dinsdae en Donderdae gratis.
Met betrekking tot gholfdae en kompetisies is daar ook baie wat die klub aanbied. Daar is Woensdae en Saterdae ope-kompetisies in verskeie vorms van formaat bv. IPS, Medal, Bonus Bogey, Betterballe, Scramble drive.
“Landbou Gholfklub neem jaarliks deel aan die voorgee liga, enkels en dubbels en vaar uitstekend. Ons sou graag wou sien dat die korporatiewe omgewing meer gebruik maak van hierdie juweel in ons midde. Landbou Gholfklub is sekerlik die mees bekostigbare gholf fasiliteit in die KOSH-area. Ons is ook in ‘n proses om die getal gholfkarretjies wat tans tot ons beskikking is, uit te brei, hoofsaaklik om spelers wat nie kan stap nie, te akkommodeer,” voer Cloete aan. Pryse: R4 500 per groepsbespreking per dag, Saterdae uitgesluit.
Skakel gerus (018) 294 7586 vir meer inligting.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button