SportSport

Breitenbach skitter by Statebondspele

‘n Rolbal meesterklas was op die spyskaart by die Statebondspele in Australië gister toe Potchefstroom Rolbalklub se Pierre Breitenbach in sy Protea kleure met 21-15 vir Daniel Salmon van Wallis in die mans enkelspel geklop het. In ‘n spannende stryd het Breitenbach en Salmon met akkurate pogings punte gedeel met elke speler wat die voortou …

‘n Rolbal meesterklas was op die spyskaart by die Statebondspele in Australië gister toe Potchefstroom Rolbalklub se Pierre Breitenbach in sy Protea kleure met 21-15 vir Daniel Salmon van Wallis in die mans enkelspel geklop het.

In ‘n spannende stryd het Breitenbach en Salmon met akkurate pogings punte gedeel met elke speler wat die voortou op verskeie tye geneem het. Die telling was 10-10 na 11 beurte.

Salmon het gedink dat hy beheer geneem het toe hy 4 balle in ‘n  goeie posisie gehad het, maar ‘n desperate en briljante dryfhou het die wedstryd vir Breitenbach teruggebring. Van ‘n posisie waar hy vier punte agter sou wees het hy een punt bygekry.

Van daar af het Breitenbach onder groot druk so koel soos komkommer gebly terwyl Salmon soos ‘n vis uit die water begin asem verloor het. Salmon was duidelik gedehidreer na ‘n lang dag se rolbalaksie in die bloedige son en op die ou kon Breintenbach met een laaste goeie rondte die wedstryd klaarmaak.

Breitenbach is tans in die eerste posisie met 6 punte na 2 oorwinnings in afdeling D.

Mall

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button