SportSport

Volkies se Kemp en Osuala skitter teen Nelspruit vir o.15 A’s

Hoër Volkskool Potchefstroom se o.15A krieketspan het die afgelope Saterdag in ‘n wegwedstryd, een van hulle soetste oorwinnings behaal toe hulle vir Hoërskool Nelspruit met 208 lopies in die Finsbury A-liga geklop het. Waldo Kemp se onoorwonne 107 (91) het 11 viere en ‘n ses ingesluit en dit het Volkies na 303/5 gelei. Nelspruit het …

Hoër Volkskool Potchefstroom se o.15A krieketspan het die afgelope Saterdag in ‘n wegwedstryd, een van hulle soetste oorwinnings behaal toe hulle vir Hoërskool Nelspruit met 208 lopies in die Finsbury A-liga geklop het.

Waldo Kemp se onoorwonne 107 (91) het 11 viere en ‘n ses ingesluit en dit het Volkies na 303/5 gelei.

Nelspruit het nie ‘n kat se kans gestaan toe die bal in Wendel Osuala se hand beland het nie en hy kon breed glimlag nadat hy 5/38 behaal het.

Nelspruit is maar vir ‘n bitterklein totaal van 95 uitgeboul, met Stephan Fourie wat die laaste twee paaltjies gevat het.

Die eerste span kon wel nie ‘n oorwinning behaal nie en moes toekyk hoe Nelspruit met ‘n 1 paaltjie oorwinning terugkeer Laeveld toe.

Volkies het eerste gekolf en 162 almal uit aangeteken. Lucian Coakley het die meeste lopies (37) gemaak in ‘n kolfvertoning wat stukke beter kon gewees het.

Nelspruit se Jacques Vosloo (3/26 in 7) was die beste bouler. Nelspruit het wel self ook gesukkel en net net by die telling uitgekom op 163/9. Volkies se top boulers was Erwie Griessel (3/24) en Timothy Malan (3/34).

Volkies se o.15A-span speel hierdie Saterdag teen Hoërskool Monument tuis, terwyl die eerste span weg speel teen dieselfde skool.

Mall

PNP

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button