SportSport

NWU wil op momentum voortbou teen Ikeys

Na ‘n week se “blaaskans” in die Varsitybeker, is die NWU weer slaggereed om vir UCT-Ikeys in Kaapstad komende Maandag 12 Februarie op die berugte Green Mile aan te durf. NWU hoofafrigter, Jonathan Mokuena en sy troepe het hierdie week weer hard geoefen met niks minder as ‘n wen wat op die agenda sal wees …

Na ‘n week se “blaaskans” in die Varsitybeker, is die NWU weer slaggereed om vir UCT-Ikeys in Kaapstad komende Maandag 12 Februarie op die berugte Green Mile aan te durf.

NWU hoofafrigter, Jonathan Mokuena en sy troepe het hierdie week weer hard geoefen met niks minder as ‘n wen wat op die agenda sal wees nie.

Die blonde senter Henko Marais dra weer die nommer 12 trui en sal groot impak op binnesenter wil maak. Dit sal interessant wees om te sien hoe hy en die jongeling, Evardi Boshoff as senterpaar vir Ikeys aandurf. Voor sal die stutte Robert Hunt en Matima Maganyi ook sak met Percy Mngadi wat die nommer 2 trui dra.

Die laaste keer wat NWU en die Ikeys teen mekaar gespeel het in verlede jaar se Varsitybeker, het NWU met 20-15 in die reën op die Fanie du Toit Sportgronde geseëvier.

In die NWU se glorieryke 2016 seisoen het hulle met 22-6 teen die Ikeys in Kaapstad klaargespeel. In 2015 het die NWU laas teen die Ikeys met 40-21 in Potchefstroom pakslae gekry.

Natuurlik sal die geskiedenis tussen dié twee spanne altyd terugkeer na die 2014 Varsitybekerfinaal wat as die grootste terugvegpoging in rugby tot op datoum beskou word. Hoe Ikeys drie drieë in minder as 5 minute kon druk, gaan nog steeds die verstand te bowe en los nagmerries by rugbyliefhebbers in Potch tot vandag toe.

Tog is 2018 ‘n totale nuwe bladsy met ‘n nuwe span wat beslis gereed is om die Varsitybeker weer te verower. Elke wedstryd is ‘n stap nader aan hierdie doel. Die wedstryd tussen die NWU en UCT skop om 18:30 af.

NWU teen Ikeys: Tapiwa Mafura; Dean Gordon, Evardi Boshoff, Henko Marais, Dean Stokes; Schalk Hugo, Chriswill September; Tiaan Bezuidenhout (kaptein), Estehan Visagie, Gideon van der Merwe, Johan Retief, Walt Steenkamp, Robert Hunt, Percy Mngadi, Matima Maganyi. Reserwes: Chucky van der Westhuizen, Nelius Theron, Theodore Ferreira, Jaco Swanepoel, Wandi Mazibuko, Nkosana Mbataha, AK Nela, Jimmy Mpailane.

Mall

PNP

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button