NewsNews

Wag beseer tydens transitoroof

ʼn Sekuriteitswag is vandag (26 Januarie) omstreeks 13:00 ernstig beseer tydens ʼn transitorooftog naby Nedbank in Buffelsdoornstraat in Klerksdorp.

ʼn Sekuriteitswag is vandag (26 Januarie) omstreeks 13:00 ernstig beseer tydens ʼn transitorooftog naby Nedbank in Buffelsdoornstraat in Klerksdorp.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die wag wat ongeveer 40 jaar oud is, verskeie skietwonde opgedoen. Paramedici van ER24 het die man hospitaal toe geneem is vir verdere behandeling.

Volgens Meiring, is die man in ‘n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem.

Klerksdorp Rekord berig dat ongeveer agt verdagtes na die roof in ʼn wit Hilux bakkie gevlug het. Een van die verdagtes is vermoedelik tydens die voorval gewond.

Veiligheidsgroepe in Klerksdorp het berig dat die verdagtes in die rigting van Potchefstroom gevlug het. Die polisie se lugvleuel in Potchefstroom is glo ook ontplooi om die verdagtes te soek.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button