NewsNews

PAWS help verskrikte diere op Oujaarsaand

Vuurwerke wat tydens Oujaarsaand geskiet is, het veroorsaak dat 16 honde op straat gevind en een hond ernstig beseer is. Volgens Darren Kruger, voorsitter van Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) is daar vanjaar baie meer vuurwerke in Potchefstroom geskiet as verlede jaar. Minder troeteldiere het egter weens dié vuurwerke op straat beland. ’n Groep van …

Vuurwerke wat tydens Oujaarsaand geskiet is, het veroorsaak dat 16 honde op straat gevind en een hond ernstig beseer is.

Volgens Darren Kruger, voorsitter van Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) is daar vanjaar baie meer vuurwerke in Potchefstroom geskiet as verlede jaar.

Minder troeteldiere het egter weens dié vuurwerke op straat beland.

’n Groep van sowat 40 vrywilligers het op Oujaarsaand van 23:00 tot na middernag die strate van Potchefstroom gepatrolleer met die hoop om honde wat by hul eienaars se erwe uitgekom het, te probeer help.

Elke jaar op Oujaarsaand is daar honde wat weens die geraas uit erwe kom en hulself in die proses beseer.
Vanjaar het PAWS wéér ’n versoek aan die gemeenskap gerig om nie vuurwerke in die stad te skiet nie.
Tog was daar meer as verlede jaar.

Die hond wat homself beseer het tydens Oujaarsaand vuurwerke.
Die hond wat homself beseer het tydens Oujaarsaand vuurwerke.

Kruger sê dat hoewel geen van die honde wat deur die PAWS groep en vrywilligers op Oujaarsaand gevind is, beseer is nie, is daar wel een van die honde in PAWS se hokke wat wel beserings weens die vuurwerke opgedoen het.

Mense het naby aan PAWS vuurwerke geskiet en ’n pitbull terriër wat in een van die hokke was, het homself beseer.
PAWS se veearts, dr. Stallone Terrera het die hond dadelik gehelp en steke gegee.

Volgens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) hoor katte en honde klanke op ’n baie hoër frekwensie as mense.

Daarom is vuurwerke vir dié diere baie skrikwekkend en veroorsaak dit dat troeteldiere hulself beseer of uit hul eienaars se erwe vlug.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button