SportSport

Volkies se De Freitas bewys sy veelsydigheid by nasionale krieketweek

Hoër Volkskool Potchefstroom kan met reg trots wees op sy nuutste krieketster, Christopher de Freitas, nadat hy tydens die nasionale o.15-krieketweek as die beste veelsydige speler aangewys is. Hierdie hotklou-kolwer het weer eens sy wilgerlat geswaai, maar ook met sy kranige regterarm boulwerk die ander provinsies laat les opsê. 2017 was beslis ‘n merkwaardige jaar …

Hoër Volkskool Potchefstroom kan met reg trots wees op sy nuutste krieketster, Christopher de Freitas, nadat hy tydens die nasionale o.15-krieketweek as die beste veelsydige speler aangewys is.
Hierdie hotklou-kolwer het weer eens sy wilgerlat geswaai, maar ook met sy kranige regterarm boulwerk die ander provinsies laat les opsê. 2017 was beslis ‘n merkwaardige jaar vir De Freitas, wat meer as 1 000 lopies in die skole krieketliga vir Volkies se o.15-span geslaan het. Verwag maar dat De Freitas in 2018 homself by die eerste span kan betrek, waar hy moontlik sy stempel sal afdruk wanneer hy die geleentheid kry.

Christopher de Freitas ontvang sy toekenning vir die veelsydige speler van die o.15 CSA Nasionale Krieketweek. Foto: Facebook.
Christopher de Freitas ontvang sy toekenning vir die veelsydige speler van die o.15 CSA Nasionale Krieketweek. Foto: Facebook.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button