NewsNews

Laaste Rooy kosmark vir die jaar

Kry die jaar jou onder? Hou jy van interessante eet-en drinkgoed? Miskien wil jy net van jou huis of alledaagse stres ontsnap. Dan is die Rooy Food Market net die plek waar jy jou Sondag moet bevind! Die Rooy Food Market word eerskomende Sondag, 26 November van 09:00 tot 15:00 by die Van Rooyensaal in …

Kry die jaar jou onder? Hou jy van interessante eet-en drinkgoed? Miskien wil jy net van jou huis of alledaagse stres ontsnap. Dan is die Rooy Food Market net die plek waar jy jou Sondag moet bevind!
Die Rooy Food Market word eerskomende Sondag, 26 November van 09:00 tot 15:00 by die Van Rooyensaal in Piet Bosmanstraat in Potchefstroom gehou. Soos altyd, is toegang gratis. Plaaslike kunstenaars soos Skatkis en Rick du Preez sal die atmosfeer vir die dag skep, terwyl jy van verskillende soorte kosse, drinkgoed en nageregte kan kies en keur. Met produkte en disse soos ‘n lekker spitbraai, donserige spookasem, tradisionele wafels en handgemaakte roomys en pienk gin en tonic, verwelkom hierdie mark graag vegetariërs, vleiseters en suikerbeheptes. Vir die fynproewers sal daar boetiekbier en wyne beskikbaar wees.


Daar is vir die kleinspan ook ‘n lekker bak en brou-aktiwiteit saam met Anke Mannsberger van Cookie Monster.
Daar is ook ‘n crafts-afdeling waar pragtige handsakke, Malcolm Cowan kuns en huishoudelike items te vinde sal wees. Verder is daar ook handgemaakte serpe en ‘n verskeidenheid boeke beskikbaar.
Die volgende Rooy Food Market word op 25 Februarie gehou. Bring jou vriende en familie, want hierdie mark sal verseker al jou verwagtinge oortref.
Vir meer besonderhede en navrae kan Tania by 079 918 2092 geskakel word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button