NewsNews

Jong man (19) slagoffer van gewapende roof

’n Jong man is Saterdagoggend omstreeks 02:30 in Govan Mbeki rylaan met ’n vuurwapen gedreig en beroof.

’n Jong man is Saterdagoggend omstreeks 02:30 in Govan Mbeki rylaan met ’n vuurwapen gedreig en beroof.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die man glo ’n vrou hoor skree terwyl hy gery het. Hy het gestop om te hoor wat fout is. Terwyl die vrou met hom gepraat het, het ’n man ’n vuurwapen op hom gerig.


“Die verdagte het die voertuig deursoek, waarna hy die man van etlike duisend rand beroof het. Hy het daarna van die toneel gevlug,” het Chaka gesê.
* Die Herald het die jong man gekontak, maar hy het verkies om nie met die Herald oor die voorval te praat nie. Volgens Chaka word ’n saak van gewapende roof ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

CSS, Crime ad

Related Articles

Back to top button