NewsNews

“Dit is oorlogsverklaring teen witmense” sê Vryheidsfront

Die VF Plus het ʼn strafregtelike klag, sowel as ʼn klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) aanhangig gemaak nadat lede van die Black First Land First (BLF)-beweging naamborde en geboue geskend het.

Die VF Plus het ʼn strafregtelike klag, sowel as ʼn klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) aanhangig gemaak nadat lede van die Black First Land First (BLF)-beweging naamborde en geboue geskend het.

Volgens Michal Groenewald, leier van die Vrhyheidsfront in die Noordwes, is BLF se kenmerkende haatspraak en rassehaatgedrewe-optrede verdelend van aard, skend goeie verhoudings tussen verskillende groepe in Suid-Afrika en druis lynreg in teen grondwetlike waardes.

Die graffiti is gedurende die BLF se  onlangse Steve Biko-herdenkingsvieringe in Ventersdorp op naamborde by die ingange van die dorp asook geboue aangebring.

“Hierdie optrede is nie net gelykstaande aan kwaadwillige saakbeskadiging nie, maar is haatspraak, omdat dit lede van ʼn spesifieke groep in Suid-Afrika teiken. Dit is ʼn blatante aanval en oorlogsverklaring teen witmense in Suid-Afrika en mag onder geen omstandighede toegelaat en ongestraf gelaat word nie.

“Ons het een van die mees gesofistikeerde grondwette in die wêreld wat elke individu van elke bevolkingsgroep in Suid-Afrika se menseregte en groepregte, soos die reg op die uitbou en bevordering van taal en kultuur, ten volle beskerm.

“Dit is die SAPD, die howe en instansies soos die MRK se plig om toe te sien dat die gees en strekking van die Grondwet toegepas en uitgebou word en daarom sal hulle teen die BLF moet optree,” sê Groenewald.

Die Herald het die BLF se voorsitter in die Kenneth Kaunda distrik vir komentaar gevra rondom die voorval. Ten tyde van publikasie het hy nog nie op die Herald se navraag geantwoord nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button