SportSport

Grobler en de Beer as Derby kampioene gekroon

In Potchefstroom se twee resiesduifklubs het die manne behoorlik hulle stemme dik gemaak tydens die laaste wedvlug vir die jongduiwe vanjaar vanaf Richmond oor ‘n afstand van 604 km. By Potchefstroom Resiesduifklub is dit oud skoolhoof Faan de Beer wat met die louere wegvlieg in die laaste wedvlug vir jonges, wat ook bekend staan as …

In Potchefstroom se twee resiesduifklubs het die manne behoorlik hulle stemme dik gemaak tydens die laaste wedvlug vir die jongduiwe vanjaar vanaf Richmond oor ‘n afstand van 604 km.
By Potchefstroom Resiesduifklub is dit oud skoolhoof Faan de Beer wat met die louere wegvlieg in die laaste wedvlug vir jonges, wat ook bekend staan as die jaarlikse Derby-wedvlug.
Die Kiewiet & Christo-span wat bestaan uit Kiewiet Marais en Christo Snyman, wys maar net dat dié kombinasie vanjaar weer wenners oplewer! Hulle eindig hier tweede met Salty & Lettie in die derde plek. In die opewedvlug behaal Salty de Villiers-hulle die tweede wen van die seisoen. Nuweling Rassie de Jager wys dat hy ook goed kan vlieg, met sy skitterplekke in posisie 2,3 en 4!
By Mooirivier Resiesduifklub stof Riaan Grobler die ander manne uit met sy wen in die Derby-wedvlug. Johan Schlebusch blaas in sy nek, met Hennie Aucamp derde. By die opevlug rek Johan Schlebusch sy voorsprong nog verder in die klub en die unie met sy wen asook ‘n uitstekende tweede plek, slegs een sekonde na sy wenduif. Arrie Marais se eerste duif maak 3 min 39 sek klaar na Schlebusch se wenduif!
Die waarnemer verstout hom om te sê dat Schlebusch dubbel so goed soos die ander twee manne agter hom is in die jaaroud-afdeling. Die punte lees soos volg: Jaarouds- Schlebusch 1452, Arrie Marais 892 en Hennie Aucamp 622. Schlebusch word dus vanjaar gekroon as Jaaroudkampioen. Opeafdeling – Schlebusch 1061, Willem Moolman 780 en Johann van Wyk 700. Klubkampioen-afdeling – Schlebusch 2513, Arrie Marais 1449 en Johann van Wyk 1265.
By P.P.K. slaan Marais nog steeds die kitaar in die opedafdeling met 1979 punte. Sarel Naude “A” wat elke jaar ophou na week 12, eindig hier tweede met 1786 punte. Naude se “B” span is derde met 1006 punte. In die Jaaroud kompetisie wys pastoor Marnes Nel (1542) net tande deur as P.P.K. se Jongduif-kampioen gekroon te word. Marais (1512) eindig slegs ‘n skrale 30 punte na hom na die 12 weke. Naude “A” eindig derde met 1302. Marais maak egter “fynkos” van die ander lede in die klubkampioen-afdeling met sy 3491 punte. Naude “A” eindig tweede met 3088 punte en sy “B” span derde met 2127! Met twee derdes van die seisoen agter die rug, lyk dit of die manne moeilik vir Schlebusch en Marais gaan inhaal.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button