Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Volkies kry splinternuwe binnenshuise krieketnette

Volkies Krieket se strewe na uitnemendheid het verlede Woensdag, 30 Augustus, ‘n nuwe hoogtepunt bereik met die amptelike opening van hulle binnenshuise krieketnette. Hierdie puik nuwe fasiliteit is net nog ‘n droom wat vir hierdie skool waar geword het en sal verseker net nog beter geleenthede vir huidige en toekomstige krieketspelers bied om hulle volle …

Volkies Krieket se strewe na uitnemendheid het verlede Woensdag, 30 Augustus, ‘n nuwe hoogtepunt bereik met die amptelike opening van hulle binnenshuise krieketnette.
Hierdie puik nuwe fasiliteit is net nog ‘n droom wat vir hierdie skool waar geword het en sal verseker net nog beter geleenthede vir huidige en toekomstige krieketspelers bied om hulle volle potensiaal te bereik.
By dié spogfunksie het die bekende motiveringspreker Warrior Ric (van die Warrior Race-faam) as gasspreker ‘n uitsonderlike boodskap gelewer om Volkies te inspireer om sukses na te streef. Krieketspelers, afrigters oud-Volkies, ouers en spesiale gaste het hierdie openingsaand bygewoon.
“Dit is fantasties om te sien hoeveel die ouers insit om die krieketakademie te laat waar word. Die doelwit is om volhoubaar te wees en dit is waarna ons streef. Dit was ‘n groot storie om die krieketnette te bou en ons het dit gedoen met die wengeld van die T20 Coke toernooi, ‘n gholfdag saam met die bond vir Oud-Volkies, sowel as ‘n lootjieprojek waar die krieketseuns en hulle ouers groot waarde toegevoeg het,” het HP Prinsloo van Volkies Krieket gesê. Louwrens Snyman van Wohnen Verwe en Andries Jansen van Talisman is ook spesiaal bedank vir hulle bydrae en ondersteuning tot hierdie krieketdroom wat vir Volkies bewaarheid is.

Sport

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button