SportSport

SA Landloopkampioenskappe gaan kook in Potch

    Potchefstroom is Saterdag 9 September die landloophoofstad van Suid-Afrika met die glorieryke SA Landloopkampioenskappe wat op die NWU-Pukke Joolplaas plaasvind. Die room van die land se landloopatlete gaan hier te sien wees. Atletiek Sentraal Noordwes (ASNW) se atlete staan ‘n goeie kans om weer soos verlede jaar in George ‘n handvol medaljes in …

 

 

Potchefstroom is Saterdag 9 September die landloophoofstad van Suid-Afrika met die glorieryke SA Landloopkampioenskappe wat op die NWU-Pukke Joolplaas plaasvind.
Die room van die land se landloopatlete gaan hier te sien wees. Atletiek Sentraal Noordwes (ASNW) se atlete staan ‘n goeie kans om weer soos verlede jaar in George ‘n handvol medaljes in te oes.
Die verdedigende SA Senior 10 kilometer kampioen, David Manja van ASNW, gaan weer sy bes probeer om sy titel op tuisbodem te verdedig. So ook die ASNW aflosspan wat in 2016 met die goud in George weggestap het.
ASNW het verlede jaar altesaam14 medaljes ingesamel en hulle graag die medalje-oes wil vergroot.

Die kaart wat Saterdag se twee roetes aandui. Rooi is die 2 kilometer terwyl die oranje en rooi afdeling die 1 kilometer roete aandui.
Die kaart wat Saterdag se twee roetes aandui. Rooi is die 2 kilometer terwyl die oranje en rooi afdeling die 1 kilometer roete aandui.

Een van Saterdag se hoogtepunte is natuurlik die SA Senior en Junior Mans en Dames-wedlope wat altyd groot belangstelling lok.
In die o.16 en o.17 wedlope sal die top skoleatlete teen mekaar hardloop met plaaslike bekendes soos Volkies se Cara du Preez en Robbie de Villiers, sowel as Gimmies se Lené de Kock wat hulle staal sal wil wys.
By dié kampioenskappe gaan daar letterlik van jonk tot oud deelneem met 8-jarige bloedjies sowel as veterane in hulle tagtigs wat die roete gaan aandurf.
“Ons verwag omtrent 3 700 atlete wat aan die kampioenskappe gaan deelneem en omtrent so 6 000-7 000 toeskouers wat die dag in Potchefstroom gaan deurbring.
Dit is regtig fantasties vir ASNW om so byeenkoms aan te bied en dit stuur ook ‘n goeie beeld oor Potchefstroom uit,” het ASNW se algemene bestuurder, Richardo Ellis, gesê.
“Ek sou sê dat die tuistoestande in ons voordeel tel omdat klomp atlete dié baan ken. Ons het ‘n paar verstellings aan die roete gemaak, maar dit bly meerendeels dieselfde,” het Ellis verder genoem.
Daar is verder ook plekke in die SA Landloopspan op die spel vir die 2019 Wêreldkampioenskappe wat in Aarhus in Denemarke plaasvind.
Die SA kampioenskappe begin om 07:45 met die mans en dames 35 + wedlope.
Die senior mans wedloop is 10:35 met die senior dames wat 11:10 sake gaan uitspook.
Toegangsfooi is R30 by die hek.

Sport

Hier die amptelike program:

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button