NewsNews

Slagoffers staan sterk na verkragting

Die Herald het opgevolg oor verskeie verkragtingsake waaroor verlede jaar berig is. Die twee sake waar ’n student op die Trimpark in 2016 verkrag en ’n jong vrou in 2015 onsedelik aangerand was is deur ’n verdagte voorgekeer wat homself voorgegee het as ’n polisieman. Die verdagte het vroue geteiken wat laat in die aand …

Die Herald het opgevolg oor verskeie verkragtingsake waaroor verlede jaar berig is.

Die twee sake waar ’n student op die Trimpark in 2016 verkrag en ’n jong vrou in 2015 onsedelik aangerand was is deur ’n verdagte voorgekeer wat homself voorgegee het as ’n polisieman. Die verdagte het vroue geteiken wat laat in die aand alleen van kuierplekke afkom. Hy het hulle dan agtervolg waarna hy hulle op afgeleë plekke laat afgetrek deur ’n bloulig te gebruik. Hy het dan vir slagoffers vertel dat hy ’n polisieman is en dat hy hulle in hegtenis gaan neem omdat hulle onder die invloed van drank bestuur.

Hy maak dan of hy hulle goedgesind is deur aan te bied om hulle huis toe te neem waarna hy hulle verkrag. Die ander saak wat opgevolg is, is die van ’n meisie wat verlede jaar terwyl sy besig was met matriek eindeksamen tydens ’n huisroof verkrag is.

Volgens Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, word die al die sake nog ondersoek.

“Sodra daar iemand in hegtenis geneem is sal die gemeenskap eerste weet,” het Chaka gesê.

Daar is ook opgevolg met die slagoffers om te sien hoe dit met hulle gaan na die traumatiese ervaring wat hulle beleef het.

Die jong vrou wat onsedelik aangerand is nadat sy met ’n mes gedreig is, het gesê dat sy aanbeweeg het.

“Ek is gelukkig omdat ek baie goeie ondersteuning van almal gekry het, maar ek het ook ’n les geleer uit my ervaring. Ek kyk deesdae meer na wat ek aantrek, omdat ek nie die verkeerde aandag wil lok nie. Meisies moet dit weet, alhoewel dit nie reg is nie is dit ongelukkig ’n realiteit, hoe jy aantrek trek dalk net die verkeerde aandag,” het sy gesê.

Die meisie wat tydens ’n huisroof verkrag is, het toegegee dat nog moeilik is, en dat party dae moeiliker as ander is.

“Ek is ’n  “survivor” ek gaan nie toelaat dat mense soos hulle my lewe vir altyd gaan beïnvloed nie. Ek sien iemand om my te help deur moeilike tye, maar het alle vertroue dat God my gaan dra deur alles en dat ek sterk aan die ander kant sal uitkom. Ek hoop dat ek in die toekoms ander mense kan help wat ook daar deur gaan, al is dit net om te luister,” het sy gesê.

CSS, Crime ad

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button