Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Pukke wys kampioen-temperament teen Tuks in Varsity Netbalstryd

In ‘n onvoorspelbare wipwa-wedstryd teen Tuks het Pukke hulle onoorwonne rekord vanjaar behou met ‘n belangrike 40-34 oorwinning vanaand in hulle Varsity Netbalstryd. Albei spanne het nie die mooiste netbal gespeel nie waar balle gereeld onderskep is en baie kanse deur beide spanne gemis is – hier het verdediging koning gekraai. Tog het die verdedigende …

In ‘n onvoorspelbare wipwa-wedstryd teen Tuks het Pukke hulle onoorwonne rekord vanjaar behou met ‘n belangrike 40-34 oorwinning vanaand in hulle Varsity Netbalstryd.

Albei spanne het nie die mooiste netbal gespeel nie waar balle gereeld onderskep is en baie kanse deur beide spanne gemis is – hier het verdediging koning gekraai. Tog het die verdedigende kampioene die meeste uit Tuks se foute gebaat om die wedstryd deur te trek in die Callie Human-saal in Bloemfontein.

In die eerste kwart was sake vir die meerderheid in Pukke se guns gewees en hulle het met 10-8 voorgeloop. Dit kon meer vrugbaar vr Pukke gewees het as hulle punte by die Powerplay aangeteken het. Dorette Badenhorst het ‘n kans gevat met die taktiese skuif so vroeg in die wedstryd wat heel moontlik nog ‘n groter voorsprong kon gegee het, aangesien ‘n doel dan na 2 punte verdubbel sou word.

Nietemin het Pukke kop hgehou met Anja Esterhuizen wat op doel skitterend saam met hulpdoel Jessica du Plessis in die eerste helfte gespeel en kommunikeer het.
Aan die ander kant van die baan was Zandré Erasmus en Monique Reyneke ook baas gewees en het uitstekend verdediging om Tukkies se aanval te versmoor.

In die tweede helfte het Pukke ‘n paar veranderinge gemaak met Simoné Rabie wat vir kaptein Chanté Bester vir ‘n kort tydjie vervang het. Dit het in die begin nie veel vrugte afgewerp nie, met Tuks wat dadelik terugkom en die telling na 21-21 bring met 10 minute oor in die derde kwart.

Pukke het wel nie gaan lê nie met Du Plessis en Esterhuizen wat weer die doele inpalm. Daar en dan het Pukke die momentum en loop met 29-22 voor na 45 minute se speeltyd.

Foto’s: Varsity Sport/ASEM

Jessica du Plessis of Pukke during the match between Tuks and Pukke during the Varsity Sport Netball tournament at the Callie Human Hall UFS, Sunday 27 August Bloemfontein
Vice Captain Tshina Mdau of Tuks during the match between Tuks and Pukke during the Varsity Sport Netball tournament at the Callie Human Hall UFS, Sunday 27 August Bloemfontein

In die laaste 15 minute moes Tuks-hulle die Powerplay gebruik om enige kans te staan terwyl Pukke hul beste verdegingsvoete moes voortsit.

Hier is waar Tuks se Tshina Mdau goed kopgehou het om vir Chanté Louw en Anique Grobler aanvallende geleenthede te bied. Louw het hier ‘n fantastiese doel gesink om Tuks weer binne een punt van Pukke te bring.

Maar nes die hele wedstryd verloop het, kon Pukke weer die voortou met belangrike doele aan die einde neem om die wen in hulle sak te steek en te wys hoekom hulle verdedigende kampioene is.

“Ons het positief gebly en mekaar aangemoedig en op die ou einde kon ons die wen kry,” het Pukke se doelskieter van die wedstryd, Jessica du Plessis na die eindfluitjie genoem.

*Lees meer oor die wedstryd en Pukke se volgende stryd in komende week se Potchefstroom Herald

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button