Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Gimmies se hokkieseuns is Noordvaal se nommer een

Met die Mooivaal Media-trofee in hulle hande, is daar nou geen twyfel dat Potchefstroom Gimnasium die beste hokkieskool in die Noordvaal-streek is na die afgelope naweek se sewende Noordvaal A seunshokkietoernooi nie. Dié gesogte prestasie het Gimmies vanaf 3-5 Augustus behaal met ‘n algehele puntetotaal van 26 punte gesamentlik tussen die o.14, o.16 en o.19 …

Met die Mooivaal Media-trofee in hulle hande, is daar nou geen twyfel dat Potchefstroom Gimnasium die beste hokkieskool in die Noordvaal-streek is na die afgelope naweek se sewende Noordvaal A seunshokkietoernooi nie.

Gimmies se o.16 seunshokkiespan het ‘n welverdiende 3de plek by die Noordvaal A-reeks verkry: Heel voor: Henko Labuschagne. Vlnr: De Wet Coertzen (afrigter), Ronald Hendriks, Johan Viljoen, Anro Prinsloo, Janco Ritchie, Martin Landman. Alnr: Benic van Onselen, Gerhard Koornhof, Marinus Pienaar, Daniël Kotzé, Franco Boshoff, Marthinus du Preez, Ruan de Jager, Phillip Botha, Dirco Bester, Jamie Kruger en Cecile Meyer (voog).

Dié gesogte prestasie het Gimmies vanaf 3-5 Augustus behaal met ‘n algehele puntetotaal van 26 punte gesamentlik tussen die o.14, o.16 en o.19 toernooie. Die o.14 toernooi wat Gimmies gewen het, het by Curro Klerksdorp plaasgevind, waar dié jong span van Piet van Wyk die sogenaamde groot skole soos Menlopark, Rustenburg en Uplands College getroef het. ‘n Groot hoogtepunt was ‘n 7-0 pakslae teen Menlopark in die halfeindstryd.

Op die NWU Astroturf het die o.16 en o.19 se toernooie afgespeel met die o.16A-span wat bo alle verwagting ‘n skitterende derde plek onder die afrigting van DeWet Coertzen behaal het. Effe teleurstellend was die o.19-span wat met ‘n negende plek tevrede moes wees, dit nadat hulle verlede jaar eerste plek gevat het.

Die toekoms lyk wel opwindend vir Gimmies hokkie met die jonger generasie wat die trofeë inpalm.

Algeheel eindig Hoërskool Pietersburg tweede, Menlopark derde en Hoërskool Middelburg vierde.

Uitslae:

o.14A-span se wenpad:

Poelwedstryde:

Nelspruit wen 11-1

Noordheuwel wen 4-0

Kwartfinaal:

Krugersdorp High wen 4-2

Semifinaal:

Menlopark wen 7-0

Finale:

RHS wen 5-1

Gimmies o.16 (derde)

Poelwedstryde:

Waterkloof 1-1

Monument wen 6-0

Kwartfinaal:

Midstream College wen 2-1

Semifinaal:

Middelburg verloor 0-7

Finaal:

HTS Middelburg wen 5-4

Gimmies se o.16 seunshokkiespan het ‘n welverdiende 3de plek by die Noordvaal A-reeks verkry: Heel voor: Henko Labuschagne. Vlnr: De Wet Coertzen (afrigter), Ronald Hendriks, Johan Viljoen, Anro Prinsloo, Janco Ritchie, Martin Landman. Alnr: Benic van Onselen, Gerhard Koornhof, Marinus Pienaar, Daniël Kotzé, Franco Boshoff, Marthinus du Preez, Ruan de Jager, Phillip Botha, Dirco Bester, Jamie Kruger en Cecile Meyer (voog).
Gimmies se o.16 seunshokkiespan het ‘n welverdiende 3de plek by die Noordvaal A-reeks verkry: Heel voor: Henko Labuschagne. Vlnr: De Wet Coertzen (afrigter), Ronald Hendriks, Johan Viljoen, Anro Prinsloo, Janco Ritchie, Martin Landman. Alnr: Benic van Onselen, Gerhard Koornhof, Marinus Pienaar, Daniël Kotzé, Franco Boshoff, Marthinus du Preez, Ruan de Jager, Phillip Botha, Dirco Bester, Jamie Kruger en Cecile Meyer (voog).

Kyk die aksiefoto’s hier:

Sport

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button