NewsNews

Polisie slaan toe op student se ‘dwelmfabriek’

Die polisie het in ’n studentewoonstel op ’n groot hoeveelheid toerusting, wat glo gebruik word vir die vervaardiging of kweek van dwelms, beslag gelê.

Die polisie het in ’n studentewoonstel op ’n groot hoeveelheid toerusting, wat glo gebruik word vir die vervaardiging of kweek van dwelms, beslag gelê.

Van die items waarop beslag gelê is.
Van die items waarop beslag gelê is.

Die polisie het dié vonds in ’n woonstelblok in Silwerstraat gemaak.
Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die honde-eenheid op 19 September omstreeks 15:30 ’n wenk gekry dat studente dwelms vanuit hulle woonstel verkoop. Drie polisiebeamptes, sers. Antoinette Cassell en konstabels Gerhard Visagie en Pauline Sizane het na die woonstel gegaan waar ’n man die deur oopgemaak het. Volgens Manyoba kon die polisiebeamptes dagga in die woonstel ruik.

Konst. Gerhard Visagie, sers. Antoinette Cassell, konst. Pauline Sizane en kapt. Sello None by die items waarop beslag gelê is
Konst. Gerhard Visagie, sers. Antoinette Cassell, konst. Pauline Sizane en kapt. Sello None by die items waarop beslag gelê is

Hulle het gevra om die woonstel te deursoek en op dagga en “magic mushrooms” afgekom.
Die man het glo erken dat die dwelms aan hom en sy woonstelmaat behoort en hy is in hegtenis geneem. Die woonstelmaat was ten tyde van die arrestasie in die Kaap.
Die verdagtes het nog nie in die hof verskyn nie. Die man wat in hegtenis geneem is, het nog ’n saak hangende teen hom in Mafikeng. Die saak hou vermoedelik ook verband met dwelms.
Daar is beslag gelê op 460 sakkies dagga, 112g “magic mushrooms”, ongeveer R35 000 kontant, selfone, asook toerusting waarmee dwelms gekweek kan word.
Die Herald het betroubaar verneem dat die verdagtes ’n huis in Bailliepark wou huur om dagga en “magic mushrooms” in grootmaat te kweek.

Related Articles

Back to top button