SportSport

Besonderse hondertal vir Volkies se Crowther

Honderdtalle in krieket is iets wat altyd gevier word, maar in Cobus Crowther van Hoër Volkskool Potchefstroom se geval het ‘n sekere besonderse honderdtal hom in die skool se rekordboeke geplaas. Crowther is die eerste krieketspeler van dié skool wat in ’n 100 wedstryde vir sy skool se eerstespan uitgestap het. Hy  het hierdie prestasie …

Honderdtalle in krieket is iets wat altyd gevier word, maar in Cobus Crowther van Hoër Volkskool Potchefstroom se geval het ‘n sekere besonderse honderdtal hom in die skool se rekordboeke geplaas.

Crowther is die eerste krieketspeler van dié skool wat in ’n 100 wedstryde vir sy skool se eerstespan uitgestap het. Hy  het hierdie prestasie behaal tydens die Mozzie-Krieketweek in Nelspruit teen Wynberg Boys High (Jacques Kallis se alma mater) die afgelope vakansie. Op sy spesiale pet (Baggy) is die datum van die 100ste wedstryd as ook die datums waarin hy 100, 200, as ook 300 paaltjies geneem het. Sodoende is hy die eerste speler van Volkies wat hierdie paaltjietotaal vermag.

“Ja ek dink vir my is dit die grootste hoogtepunt. Die afrigters onder wie ek gespeel het, het ook ‘n baie groot rol in my lewe gespeel, nie net op die krieketveld nie, maar ook van die veld af.

’n Ander hoogtepunt is ook dat al die spelers saam met wie ek gespeel het, sommige ook van my beste vriende geword het. Sonder my spanmaats sou ek beslis nie 100 wedstryde kon speel nie.

Dit is soos om ‘n tweede familie te hê met al my vriende saam my in die span,” vertel Crowther.

“Ek dink wat dit vir my spesiaal maak, is al was daar moeilike tye ook deur die wedstryde, en die baie oefen, is dat elke keer wat ek my baggy (pet) opgesit het voor ek op die veld gegaan het, het ek besef dat ek dit nie vir my doen nie, maar dat ek vir iets baie groter as vir myself speel.”

Volkies uitslae tydens Mozzieweek 2017 in Nelspruit:

  • Verloor teen Wynberg met 49 lopies
  • Wen Garsfontein met 4 paaltjies
  • Wen Penryn College met 2 paaltjies
  • Wen Uplands College met 212 lopies

Potch Volkies het ook die eerste dag Super-Over kompetisie gewen.

  • Wen Potch Gimnasium in die semi-finaal
  • Wen Hoërskool Centurion in die finaal.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button