SportSport

Gimmies se lopiemasjien stuur eerstespan na NW-eindstryd

Gimmies het hulle oorwinning in die halfeindstryd van die Noordwes skoleliga teen Lichtenburg aan hulle openingskolwer Lourén Steenkamp te danke. Steenkamp het ‘n blitsvinnige 192 lopies vanaf 116 balle gemoker en het meer as die helfte van Gimmies se lopies aangeteken. Gimmies het die wedstryd met 99 lopies gewen nadat Lichtenburg nie die stewige teiken …

Gimmies het hulle oorwinning in die halfeindstryd van die Noordwes skoleliga teen Lichtenburg aan hulle openingskolwer Lourén Steenkamp te danke.

Steenkamp het ‘n blitsvinnige 192 lopies vanaf 116 balle gemoker en het meer as die helfte van Gimmies se lopies aangeteken. Gimmies het die wedstryd met 99 lopies gewen nadat Lichtenburg nie die stewige teiken van 305 kon haal nie.

Wat Steenkamp se honderdtal nog meer indrukwekkend maak is dat hy soos ‘n wafferse Tendulkar nou met vyf honderdtalle in ‘n ry spog. Sy kolfgemiddeld van 277.33 en lopietempo van 135,5 is ook iets om van te droom.

Hy het met ‘n dubbelhonderdtal teen HTS Potchefstroom begin en mik nou na ‘n sesde agtereenvolgende honderdtal volgende maand wanneer die finaal teen Volkskool op 17 Oktober gespeel word. Steenkamp se kolfbeurte in sy laaste vyf wedstryde lyk soos volg: HTS Potchefstroom – 204 (158)Hoërskool Rustenburg – 175 (131)Hoër Volkskool Potchefstroom – 126 (117)Vaal Reefs – 135 (92)Hoërskool Lichtenburg – 192 (116)

Nog ‘n belangrike aspek is die lopietempo waarteen hy kolf aangesien hy glad nie balle mors nie en aggressiewe dog taktiese krieket speel waar hy seker maak dat die lopietempo nooit daal nie. Hy het verlede naweek geen kans vir Lichtenburg se boulers gegee om gemaklik te raak nie en die bal in die gapings met gemak geslaan.

Gimmies het eerste gekolf en het vroeg paaltjies verloor met SW Rossouw en Ruan Haasbroek wat vinnig kleedkamer toe gestuur is. Dit het meer druk op Steenkamp geplaas met die twee ander staatmakers wat uit is. Jooste Fourie kon bystand bied en het ’n waardevolle 44 lopies bygedra wat Gimmies se totaal tot 304 almal uit geneem het. Lichtenburg het nooit ‘n kans gestaan om die lopietotaal te behaal nie met Rossouw wat met briljante boulwerk 4/36 ingepalm het. Gimmies se veldwerk en veldplasings was te goed en hulle het al die krag uit Lichtenburg se kolwers gewurg.

Ander uitslae
Gimmies tweede span teen Schweizer-Reneke:Gimmies kolf eerste en teken 274 almal uit aan.Schweizer-Reneke teken 111 almal uit aan.Gimmies wen met 163 lopies.Beste kolwer: Mathew Haupt met 93 en Arnu Gustafson met 68 lopies.Beste bouler: Emile Meier met 3 paaltjies vir 17 lopies in 6.4 beurte en Arnu Gustafson met 2 paaltjies vir 15 lopies in 4 beurte.

Gimmies o.15 Super A-span teen RHS (Noordwes semi-finaal)Gimmies kolf eerste en teken 206/8 aan.RHS teken 207/8 aan.Gimmies verloor met 2 paaltjies.Beste kolwer: Robby Cameron met 60 nie uit nie.Beste boulers: Landré Halgryn met 3 paaltjies vir 36 lopies in 8.5 beurte en Duan Jansen met 3 paaltjies vir 49 lopies in 10 beurte.

Gimmies o.15 Super B-span teen Schweizer-RenekeSchweizer-Reneke kolf eerste en teken 129 almal uit aan.Gimmies teken 130/5 aan.Gimmies wen met vyf paaltjies.Beste kolwers: Ricus Swart met 34 nie uit nie en Adriaan Rontgen met 29 lopies. Beste boulers: Gerhard Turkstra met drie paaltjies vir 33 lopies in 4 beurte.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button