CommunityNews

Hoop in onstuimige tye

Jenwil BlouSter se baie suksesvolle Welvaartkongres, in samewerking met Potch Herald, word vanjaar vir die derde keer in Potchefstroom aangebied en wel by The Roots. Dié jaar vind die Potchefstroom-been ook weer plaas in samewerking met die Potch-Tlokwe Sakekamer. Beleggers in Potchefstroom en Bloemfontein kry raad oor hoe hulle die ekonomiese brandpunte in ’n moeilike …

Jenwil BlouSter se baie suksesvolle Welvaartkongres, in samewerking met Potch Herald, word vanjaar vir die derde keer in Potchefstroom aangebied en wel by The Roots.
Dié jaar vind die Potchefstroom-been ook weer plaas in samewerking met die Potch-Tlokwe Sakekamer.
Beleggers in Potchefstroom en Bloemfontein kry raad oor hoe hulle die ekonomiese brandpunte in ’n moeilike beleggingstyd kan hanteer, terwyl politieke kenners ook plaaslike- en oorsese politieke gebeure in konteks plaas voor die ANC leierskapsverkiesing in Desember. ’n Paneelbesprekings wissel die aanbieding af en daar is ’n ligte ete en wyn beskikbaar.
Die Welvaartkongres vind op 31 Augustus in Potchefstroom en Bloemfontein plaas. Vanjaar se kongres vind plaas na meer as twee jaar se buitengewoon onstuimige en negatiewe toestande, met plaaslike markte wat beleggers moedeloos laat.
Moet beleggers hulle langtermyn doelwitte laat gaan en oorskakel na inkomstefondse, of is dit nou tyd om steeds in ekwiteit te wees? Die gesoute politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit, Theo Venter, is vanjaar die hoofspreker.
Theo is ‘n politieke en beleidspesialis aan die NWU Besigheidskool en was Spesiale Raadgewer in die Kantoor van die visekanselier van dié universiteit vanaf 2004 – 2016.
Hy tree steeds op as strategiese adviseur, politieke kommentator en analis en dit is met groot verwagting dat beleggers kan uitsien om te hoor wat hy te sê het binne die huidige ekonomiese omstandighede in Suid-Afrika.
Verteenwoordigers van onder meer Anchor Capital, Coronation Batebestuurders en Truffle Batebestuurders sal die verhoog deel in twee paneelbesprekings om perspektiewe op die kwelvrae van beleggers te gee.
Die paneelbespreking word gelei deur Rocco Carr, sakeontwikkelingsbestuurder van Glacier.
Tydens die bespreking sal persone die geleentheid kry om vrae aan die paneel te SMS.
Daar is geen koste aan verbonde nie, maar bespreking is noodsaaklik aangesien plekke beperk is. Die helfte van die kaartjies is beskikbaar aan besighede wat ‘n tafel wil bespreek vir hul kliënte en die res word aan die publiek aangebied.
Die aand word aangebied ten bate van Vessels of Mercy, ‘n niewinsgewende organisasie in Potchefstroom wat onder meer ‘n huis van veiligheid bestuur waar kinders wat deur die hof van hul biologiese families verwyder word weens verwaarlosing, gehuisves word.
Hou die Herald dop vir weeklikse berigte wat die aand se onderwerpe wat bespreek gaan word, verder sal toelig. Vir meer inligting oor die Welvaartkongres en besprekings kan Susan by 082 048 6309 gekontak word, of stuur ‘n epos na potch@jenwil.co.za.
* Jy kan ook die gebeure op Jenwil BlueSter Potchefstroom se facebookblad volg.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button