Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Luiperds verloor o.19 stryd teen blitsige Leeus

Die Luiperds se jong o.19 span het die pad na die goudstad verlede Vrydag 14 Julie aangedurf om die sterspan van die Leeus op Emirates Airlinepark aan te vat en het te midde van ‘n 43-12 nederlaag, genoeg positiewe aspekte getoon. Dit was veral in die eerste 20 minute waar die Luiperds hulle tande gewys …

Die Luiperds se jong o.19 span het die pad na die goudstad verlede Vrydag 14 Julie aangedurf om die sterspan van die Leeus op Emirates Airlinepark aan te vat en het te midde van ‘n 43-12 nederlaag, genoeg positiewe aspekte getoon.
Dit was veral in die eerste 20 minute waar die Luiperds hulle tande gewys het en het in ‘n stadium 7-5 voorgeloop nadat ‘n uitstekende stukkie spel van senter Evardi Boshoff die driekrane vir Dylan Schoeman oopgemaak het. Boshoff het verby twee verdedigers gesnol en toe die bal met groot druk na Schoeman aangegee. Twee van die Luiperds se sterspelers was die slotte Jaendré Leonard en Martin Raath, wat dinge baie onaangenaam vir die Leeus gemaak het. Die Leeus het wel later begin om die voortou te neem, danksy hulle aanvallende spel waar hulle met omgekeerde besit twee goeie drieë gaan druk het, met Wandile Simelane en Tyrone Green wat hulle naam op die telkaart gestempel het.
In die tweede helfte het die Leeus se plaasvervangers hulle klas bewys met Khanya Ncunsane en Seun Maduna wat met hulle spoed te veel vir die Potchefstromers was.

Kyk die foto’s hier: (Foto’s: Wouter Pienaar)

Volgens Luiperds afrigter, Hannes Esterhuizen, het die Luiperds goed begin, maar later het hulle selfvertroue geval en kon hulle nie hul beste rugby speel nie.
“Die ouens oefen hard en om dan op die dag nie jou beste spel te speel nie, is teleurstellend. Die ouens moet net hul alles gee en met meer selfvertroue speel,” het Esterhuizen gesê.
Punte:
Leeus: 43 (17)
Drieë: Wandisile Simelane (2), Tyrone Green, Louritz van der Schyff, Khanya Ncunsane, PJ Steenkamp, Seun Meduna. Doelskoppe: Gianni Lombard (4).
Luiperds: 12 (7)
Drieë: Dylan Schoeman, Stefanus Maré. Doelskop: Schoeman.

*Lees in dié week se Potchefstroom Herald (20 Julie) meer oor hierdie wedstryd, met ‘n in diepte kyk na die logistieke aspekte van ‘n Luiperds o.19 rugbywedstryd.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button