NewsNews

Groot skade toe voertuig in biltongwinkel beland

Groot skade is by Afrika Biltong aangerig, toe die bestuurder van ‘n voertuig Maandagaand 10 Julie omstreeks 18:00 met haar voertuig deur die winkel se venster gery het. Dit het gevolg na ‘n botsing in Walter Sisulu-rylaan.

Paramedici van ER24 was op die toneel, maar niemand is beseer nie.
Volgens die winkeleienaar, Graeme Myburgh, beloop die skade en verlies aan voorraad in sy winkel sowat R190 000. “Daar was niks om te red nie,” het Myburgh gesê.
Volgens hom is die meeste van sy voorraad en items in die winkel deur die nag weggedra en dit wat wel nog oor was, moes hy weggooi omdat daar glasstukke in was of weens ander skade.
Hy het twee werknemers en hy meen dat dit sowat twee tot drie weke sal neem om die winkel te herstel.

Related Articles

Back to top button