Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Foto’s: Gimmies wys hulle talent om na Virsekerbekereindstryd te vorder

Nege drieë van Gimmies se eerstespan het seker gemaak dat hulle na die Virsekerbeker Luiperdsfinaal vir Groot Skole vorder met ‘n 57-33 oorwinning teen Hoërskool Wesvalia verlede Saterdag op die Mooivallei Sportterrein. Johan Minnaar se twee drieë, asook sy ses punte met sy geleerde skopvoet, het Gimmies se aanvallende strategie beklemtoon. Danie Boshoff, Keenan Twigg …

Nege drieë van Gimmies se eerstespan het seker gemaak dat hulle na die Virsekerbeker Luiperdsfinaal vir Groot Skole vorder met ‘n 57-33 oorwinning teen Hoërskool Wesvalia verlede Saterdag op die Mooivallei Sportterrein.

Johan Minnaar se twee drieë, asook sy ses punte met sy geleerde skopvoet, het Gimmies se aanvallende strategie beklemtoon. Danie Boshoff, Keenan Twigg en George van der Westhuizen se twee drieë het ook uitgestaan. Die taktiek was eenvoudig – elke keer wanneer Gimmies met meer as vier fases aangeval het, het hulle punte aangeteken, maar sodra die wedstryd los geraak het, het Wesvalia nog ‘n kans gehad. Kruger Langenhoven het hierdie teorie bevestig toe hy Wessies se eerste drie gaan druk het en met die telling toe op 12-7, was die wedstryd enige iemand s’n.

Die tuisskare se ondersteuning het wel die tuisspan aangespoor en ‘n paar uitstekende drieë later was dit 31-7 teen halftyd.

Kyk die foto’s van die twee Virsekerbeker halfeindstryde tussen Gimmies en Wesvalia, sowel as Lichtenburg en KHS hier: (Foto’s – Wouter Pienaar)

Wesvalia se twee voormalige Volkie-sterre, Anton Fuller en Gideon Steyn, het soos ‘n geoliede masjien saamgewerk om die Bruin Bere se tweede drie te druk. Fuller het die bal op sy eie doelgebied opgeraap en uitstekend van die Gimmie-verdedigers ontsnap, waarna hy vir Steyn die bal aangegee het. Steyn het nog baie werk gehad om te doen maar het met vaart, krag en flink voete Wesvalia se tweede drie gedruk en boonop verdoel.

Gimmies het nie gaan lê nie en kort daarna, danksy Van der Westhuizen se tweede spogdrie en Vernon Charslund se stukkie individuele briljantheid, waar hy sy eie tikskoppie versamel het, met ‘n vyftigtal op die telbord gespog. Dit was ‘n driefees, met 14 drieë wat in totaal in hierdie wedstryd gedruk is en het die gehalte rugby van albei spanne beklemtoon. In die ander halfeindstryd het Lichtenburg vir KHS met 55-35 geklop en hul plek in die eindstryd teen Gimmies bespreek wat Saterdag, 29 Julie op die Mooivallei Sportterrein plaasvind. Verwag maar ‘n ysterstryd.

Punte:

Potchefstroom Gimnasium: 57

Drieë: Johan Minnaar (2), Danie Boshoff, George van der Westhuizen (2), Keenan Twigg, Marnus Putter, Waldo de Beer, Vernon Charslund,

Doelskoppe: Marco van den Heever (2), Vernon Charslund, Johan Minnaar (3)

Hoërskool Wesvalia: 33

Drieë: Gideon Steyn, Kruger Langenhoven, Anton Nagel, Garran Jacobs, Johan Smit

Doelskoppe: Steyn (4)

Ander uitslae:

2de span: Potch Gimnasium 28 – Wesvalia 8

14A: Potchefstroom Gimnasium 20 – Wesvalia 11

15A: Potchefstroom Gimnasium 10 – Hoërskool Lichtenburg 7

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button