NewsNews

Begroting eensydig oor besluit

Die Dr. Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit het hul jaarlikse begroting goedgekeur sonder die steun van die opposisiepartye

Die Dr. Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit het hul jaarlikse begroting goedgekeur sonder die steun van die opposisiepartye
Die begroting is na die mening van die VF Plus nie voldoende om die munisipaliteit se basiese pligte uit te voer nie en die distriksraad bestaan nou net om salarisse te betaal, sê Michal Groenewald, VF Plus-raadslid en provinsiale leier vir Noordwes.
Hy sê artikel 160(3) van die Grondwet bepaal dat ʼn meerderheid van die lede van ʼn munisipale raad teenwoordig moet wees voordat daar oor enige aangeleentheid gestem kan word.
“Die begroting van die Dr. Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit is egter goedgekeur sonder ‘n meerderheid van raadslede teenwoordig soos wat die Grondwet vereis. Die speaker van die raad het dit egter toegelaat sonder om hom aan die protes van die opposisie te steur.
“Dit wil voorkom asof die ANC so arrogant is dat hulle hulself sien as bo die wet verhewe en dit net gebruik as ʼn riglyn.
“Dit is ontoelaatbaar dat die regerende party dink dat hulle kan maak en breek soos hulle wil. Die VF Plus gaan die saak nie daar laat nie en sal die LUR van plaaslike regering in Noordwes versoek om die goedkeuring van die distriksraad se begroting ter syde te stel,” het Groenewald gesê.

Related Articles

Back to top button