SportSport

Swemmers presteer vir Pukke by SA Kampioenskappe

Swemmers van die Puk het tydens die 2017 SA-Swemkampioenskappe wat in Durban gehou is, uitmuntend presteer. Dit is die hoogste vlak vir swemmers in Suid-Afrika waaraan hulle kan deelneem. Die swemmers het daar skouers geskuur met die groot name in SA-swem. Nadia Blaauw, Cornell Loubser en Franco van Niekerk het saam met swemsterre soos Chad …

Swemmers van die Puk het tydens die 2017 SA-Swemkampioenskappe wat in Durban gehou is, uitmuntend presteer.

Dit is die hoogste vlak vir swemmers in Suid-Afrika waaraan hulle kan deelneem. Die swemmers het daar skouers geskuur met die groot name in SA-swem.

Nadia Blaauw, Cornell Loubser en Franco van Niekerk het saam met swemsterre soos Chad le Clos, Nathania van Niekerk en Cameron van den Bergh aan die byeenkoms deelgeneem. Franco het selfs aan dieselfde semi-finale as Chad deelgeneem.

Franco het puik presteer en wen die goue medalje vir die 200m vlinderslag (jeug ouderdomsgroep). Nadia het ‘n uiters suksesvolle kampioenskap beleef en verower die silwermedalje in die 200m rugslag (jeug ouderdomsgroep) en verbeter ook al haar tye.

Cornell (S15, gehoorgestemde-kategorie) het vier goue medaljes (50m- en 100m vlinderslag, 50m rugslag en 200m IM) los geswem.

Daarby het sy vir die Dowe-Olimpiese Spele vanjaar in Turkye gekwalifiseer! Haar swemafrigter, Marike van Oort, is van mening dat Cornell ‘n baie goeie kans staan om Suid-Afrika in Turkye te verteenwoordig.

Nog prestasies:

Reino von Wielligh en Abie van Oort het aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Oopwater Swemkampioenskappe in Jeffreysbaai (Marina Martinique) deelgeneem en hulle baie goed van hulle taak gekwyt. Reino het aan die 5- en 10km deelgeneem en behaal ‘n 8ste en 7de plek. Abie het aan die 3km deelgeneem en hy behaal ‘n algehele 5de plek vir dié item in Suid-Afrika.

Aiden Nel het die naweek voor die SA’s aan die Vlak 2-streeksbyeenkoms in Germiston deelgeneem en nie minder as drie medaljes – ‘n bronsmedalje in die 50m vlinderslag, ‘n silwermedalje in die 100m borsslag en nog ‘n silwermedalje in die 200m borsslag verower.

Ewald Bartleman, Annien Muller en Courtney van Biljon het aan die Vlak 3-streeksbyeenkoms in Pretoria deelgeneem en het ook besondere prestasies gelewer. Courtney het ‘n silwermedalje verower in die 50m vryslag en ‘n goue medalje in die 50m vlinderslag.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button