NewsNews

Profert gee Ford bakkie weg

Op Woensdag 8 Maart het die gelukkige mnr. Richard Newcombe aan die ontvangskant gestaan van ‘n splinternuwe Ford bakkie.

Op Woensdag 8 Maart het die gelukkige mnr. Richard Newcombe aan die ontvangskant gestaan van ‘n splinternuwe Ford bakkie.
Die toekenning het na afloop van ‘n kompetisie wat geloods is deur Profert, by Daly Ford in Potchefstroom, plaasgevind.
Die glansgeleentheid is deur boere, die Landbank en Profert personeel vanoor die hele land bygewoon.


Daar was 2 323 kaartjies wat in aanmerking kon kom vir die trekking van die bakkie.
Die trekking en ouditeringsproses is deur die ouditeursfirma PWC behartig en oorsien.
Na afloop van een van die mees uitdagende periodes in terme van landbouproduksie in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, wat klimaats-, ekonomiese asook sosiopolitieke veranderlikes betref, het Profert as deel van sy bemarkingsaksies dit goed gedink om met die “Wen met Profert” inisiatief iets terug te ploeg na sy lojale kliëntebasis.


Dit het behels dat ‘n kliënt wat in die periode 1 Augustus 2016 tot 28 Februarie 2017 ‘n minimum volume kunsmis aangekoop en betaal het, in lyn kon staan om ‘n Ford bakkie te wen.
Die kompetisie is in samewerking met Daly Ford en met die ondersteuning van Land Bank van stapel gestuur.
Die prys is ‘n Ford 3.2 TDCi dubbelkajuit XLT bakkie.
Die kompetisie het nasionaal gestrek en die kunsmis kon uit enige van die sewe gedesentraliseerde Profert vermengingsaanlegte gelewer word.
Die inisiatief is in lyn met Profert se besluit om sedert 2015 te disinfesteer in sy nie-kunsmisverwante besigheidsbelange en weer hernude fokus te plaas op hul kern kunsmisbesigheid.


Dit behels die uitbou en versterking van die geloofwaardige Profert handelsnaam wat al sedert 1999 bestaan en unieke handelsmerke, soos die alombekende “Black” reeks van kunsmisprodukte.
Profert gaan in die toekoms steeds meer op sy filosofie van grondgesondheid as basis vir optimale volhoubare produksie fokus, deur sy reeks van grond mikrobiese- en bio stimulerende metaboliete uit te brei.

Related Articles

Back to top button