NewsNews

R10 miljoen telefoonstelsel vir munisipaliteit

Die munisipaliteit het onlangs ’n telefoonstelsel laat installeer wat die belastingbetaler ongeveer R400 000 per maand vir die volgende drie jaar uit die sak gaan jaag.

Die munisipaliteit het onlangs ’n telefoonstelsel laat installeer wat die belastingbetaler ongeveer R400 000 per maand vir die volgende drie jaar uit die sak gaan jaag.
Die DA het onlangs ’n klag by die burgemeester ingedien teen diegene wat verantwoordelik was vir die aankoop van die stelsel. Die Herald het e-posse onder oë gehad waar die munisipale bestuurder betrek word met die aankoop van die stelsel. Dit is glo gekoop sonder dat daarvoor begroot is, die regte verkrygingsprosedure gevolg is en sonder ’n raadsbesluit oor dié uitgawe.

Hans-Jurie Moolman, voorsitter van die DA koukus, het die klag ingedien in- gevolge artikel 5 (2) van die Wet op Plaaslike Regering: Dissiplinêre Regulasies vir senior bestuurders gepubliseer in GK 344 in Staatskoerant 34213, gedateer 21 April 2011.
Moolman het die burgemeester en speaker gevra om die klag op die agenda te sit vir die raadsvergadering wat Dinsdag plaasgevind het. Dit was volgens hom nie op die agenda nie en hy sê dit dui aan dat iemand diegene, verantwoordelik vir die wanbestuur, probeer beskerm.
Volgens wetgewing moet die klag binne sewe dae in die raad bespreek word. Die burgemeester kan die speaker vra om ’n spesiale raadsvergadering te belê om die klag te bespreek.

Volgens Moolman is dit nie die enigste kontrak wat onwettig gesluit is nie.
“Die huidige begroting is voorwaardelik en spesifiek goedgekeur op voorwaarde dat die Raad voorsien word van verslae oor die verkryging van paraffien en ‘n kontrak vir ‘n slimmeter-stelsel met onderskeidelik Phambile Petroleum en I4 Power Technologies,” het hy in sy skrywe aan die burgemeester gesê.
Teen druktyd het die munisipaliteit nie gereageer op die Herald se navraag om kommentaar nie.

Related Articles

Back to top button