NewsNews

Vier dood dié naweek

Vier mense is die afgelope 24 uur dood, twee gisteraand en twee vanoggend.

Vier mense is die naweek in Potchefstroom dood, twee mans is Vrydagaand (24 Februarie) en twee vanoggend (26 Februarie) in verskillende ongelukke oorlede.

Volgens ER24 is twee mans Vrydagaand dood en vyf ander het verskeie beserings opgedoen in ‘n kop-aan-kop botsing op die N12 sowat 18 km buite Potchefstroom. ER24 paramedici en provinsiale EMS het kort voor middernag op die toneel gekom waar hulle twee erg-beskadigde voertuie gevind het.

Die bestuurder en ‘n passasier van een van die voertuie is binne die voertuig gevind met kritieke beserings, ongelukkig kon daar niks meer vir hulle gedoen word nie, en is hulle op die toneel dood verklaar. Vyf ander mans is op die toneel behandel en is later na die Potchefstroom Hospitaal geneem vir verdere behandeling.

‘n Voetganger is ook vanoggend langs die N12 buite Potchefstroom, op pad na Klerksdorp gevind. ER24 Paramedici het kort na 01:00 op die toneel gekom waar hulle die man met noodlottige beserings gevind het. Hy is op die toneel dood verklaar. Toe paramedici op die toneel was, kon hulle nie die voertuig wat die man raakgery het opspoor nie, maar volgens ER24 lyk dit asof die man deur menigte voertuie getref is.

In nog ‘n geval, kort na 02:00 vanoggend, het ER24 paramedici by ‘n toneel gekom waar ‘n man met sy voertuig teen ‘n muur gebots het op die hoek van Jeppe en Louis le Grange Straat in Potchefstroom Industria. Die bestuurder van die voertuig het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Plaaslike owerhede ondersoek tans die verskeie voorvalle.

Lees meer hieroor in komende Donderdag se Potchefstroom Herald.

 

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button