NewsNews

Potch karate-legende kry postuum ere-status

Vir meer as 50 jaar het Potchefstroom se eerste karate Springbok mense in die Goju Ruy styl van karate opgelei.

Vir meer as 50 jaar het Potchefstroom se eerste karate Springbok mense in die Goju Ruy styl van karate opgelei.
Braam Peens (75), bekende karate-instrukteur, is in November oorlede. Volgens sy seun Jaco, het hy nog elke dag dié kuns beoefen. Braam het in 1964 in Potchefstroom as karate instrukteur begin. Teen 1974 is hy vir die nasionale span gekies. In die 80’s het hy die Puk karatespan begin afrig en in dié tyd het die Pukke baie nasionale kampioene opgelewer. “Hy het karate as ‘n wetenskap aangepak. Hy was ook besig met ’n tesis oor karate en die beoefening daarvan,” vertel Jaco. Baie van Potchefstroom se bekende karateka het een of ander tyd deur Braam se bekwame hande gegaan. Sy passie vir dié kuns is duidelik as daar gekyk word na die fooie wat hy vir afrigting gevra het. “R50 ’n maand” lees ’n bordjie in die “dojo” wat deur Jaco skoongemaak word. “Dit is die ou prys maar ek dink dit was nooit meer as R100 nie,” vertel Jaco as ek hom uitvra oor die bordjie. Vir Braam het dit nie oor geld gegaan nie. Hy was elke dag beskikbaar om sy studente te help. Die impak wat hy op sy studente se lewe gemaak het, is ooglopend, siende dat baie van sy studente besluit het om na sy dood op te hou. “As ek dieselfde styl wil beoefen moet ek nou Johannesburg toe ry. Ek is ook nie seker of ek saam met iemand anders wil oefen nie,” verduidelik Leon Nell, een van sy studente. Die president van Karate Suid-Afrika, Sonny Pillay, het in ’n boodskap tydens Braam se begrafnis gesê dat sy bydrae tot die sport in die geskiedenis opgeneem sal word. Hy is deur Noordwes Karate postuum met ere-status vereer.

Related Articles

Back to top button