NewsNews

Verdagte gevang na inbraak

ʼn Verdagte man is gister (8 Januarie) inhegtenis geneem nadat hy glo by ʼn huis in Silwerstraat ingebreek het.

ʼn Verdagte man is gister (8 Januarie) inhegtenis geneem nadat hy glo by ʼn huis in Silwerstraat ingebreek het.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier beskerming, het hulle omstreeks 11:00 reageer nadat ʼn alarm afgegaan het. Met aankoms het die reaksie beampte die verdagte oor die muur sien spring. Hy het die man agterna gesit waarna hy daarin geslaag het om hom te vang. Dit is na bewering die derde keer wat dieselfde man vir diefstal gevang word.

IMG-20170108-WA0005

Juweliersware en elektroniese toestelle is in die man se besit gevind. Mooirivier het op hulle Facebookblad die polisie en ER24 bedank vir die vinnige reaksie.

IMG-20170108-WA0003

 

 

Related Articles

Back to top button