NewsNews

Beweerde aanranding by Amelia sentrum

’n Gestremde is glo in September deur ’n instrukteur van een van die sentrums by Amelia aangerand.

’n Gestremde is glo in September deur ’n instrukteur van een van die sentrums by Amelia aangerand.
Volgens die seun se aanstaande stiefpa woon twee van sy verloofde se seuns by Amelia.
“In die vyf jaar wat hul reeds daar woon, het ons geen probleme gehad nie, maar toe ek hulle op 1 Oktober gaan haal om te kom kuier, het ek die beserings aan die een seun opgemerk,” verduidelik die man.
Volgens hom het hy dadelik gevra wat gebeur het. “Hy het vir my gesê dat een van die instrukteurs by ’n sentrum hom so geslaan het dat hy val.”
Hy het by verskeie mense navraag gedoen, wat bevestig het dat die voorval glo op 28 September plaasgevind het.
“Hoekom het hulle nie dadelik laat weet dat daar iets fout is nie,” wil hy weet.
Die bestuurder het glo vir hom gesê dat die saak ondersoek sal word maar dat die instrukteur op daardie stadium met verlof was.
“Hulle het aanhou verskonings maak oor waarom die saak nie afgehandel word nie. Een van die ander inwoners het vir my gesê dat die instrukteur hom ook gedreig het. Hy het glo gesê ‘gedra julle of ek gaan julle slaan soos ek die vorige kind geslaan het,’ vertel die man.
Volgens die man wou hy ’n saak van aanranding by die polisie aanmeld, maar het dit nie gedoen nie omdat die bestuur belowe het dat daar ernstig opgetree sal word.
Teen 4 November het die man en sy verloofde ’n e-pos van die bestuurder ontvang dat na ’n eksterne ondersoek deur Noordwes geestesgesondheid daar geen rede gevind is om die instrukteur te skors of onmiddellik te ontslaan nie.
By navraag deur die Herald het die dagbestuur die volgende verklaring uitgereik:
“Bestuur het die saak behoorlik ondersoek, ook met die hulp van eksterne professionele adviseurs, en het die dissiplinêre proses volledig uitgevoer. Die persoon se dienste is nie beëindig nie. Geen verdere kommentaar,” lui die verklaring. Die persoon wat na bewering aangerand is, is glo steeds ’n inwoner van Amelia.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button