NewsNews

Kerswense word waar by die Herald

Daar is reeds twee gesinne wie se kinders ‘n baie lekkerder Kersfees gaan hê weens die goedhartigheid van die Potchefstroom gemeenskap.

Daar is reeds twee gesinne wie se kinders ‘n baie lekkerder Kersfees gaan hê weens die goedhartigheid van die Potchefstroom gemeenskap.
Angelique en Cody Jordaan het elk ‘n brief aan die Herald geskryf met hul Kerswense. Angelique het gewens vir kunstoerusting en Cody vir ‘n boot wat met ‘n afstandbeheerder werk. Kort voor lank het die gemeenskap ingespring en albei die kinders se wense laat waar word.
Baie dankie aan die Reyneke-gesin wat Cody se wens laat waar word het sowel as die anonieme weldoener en Estelle Pienaar wat die kunstige Angelique se droom waar gemaak het.
Chanté en Johanó Jansen van Rensburg was in ekstase toe hulle Woensdag hul geskenke ontvang. Johanó het gewens vir ‘n fiets en Chanté wou net ‘n kinderbybel vir haar en haar boetie gehad het – sy het soveel meer gekry.
Baie dankie vir diegene wat Chanté se wens waar gemaak het en ook dankie aan Christo Schoonbee vir Johanó se geskenk. Die kinders en hul gesin is opreg dankbaar.
Verder het die Potch Mooi Rotary en die Round Table Potch 47 ‘n baie groot bydrae gemaak tot die Kerswense. Dankie ook aan Pick n Pay Van der Hoffpark vir hulle groot skenking.
Lees in ons laaste Herald van die jaar volgende week meer oor die Herald Kerswens-skenkings wat ons ontvang het.
Indien u wil help om iemand se Kerswens waar te maak, kan u ’n e-pos stuur na marianke.saayman@media24.com.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button