Editor's note

Meer as net geldelike verlies

Wanneer die mees ervare lid van die stadsraad sê daar is nie lig in die tonnel wat betref die onderhoud en vervanging van ou waterverspreidingsnetwerke nie, dan behoort die res van die stadsraad baie regop te sit.

Wanneer die mees ervare lid van die stadsraad sê daar is nie lig in die tonnel wat betref die onderhoud en vervanging van ou waterverspreidingsnetwerke nie, dan behoort die res van die stadsraad baie regop te sit.
Maar dan is ander stadsraadslede natuurlik (hopelik) nie afhanklik van die koerant om aan hulle hierdie slegte nuus mee te deel nie. Hulle weet dit seker al lankal.
En dan vra mens jouself waarom daar nie eerder meer as minder in die begroting voorsien is om noodsaaklike onderhoud aan die waternetwerk te doen nie.
Die stad het ‘n tyd gelede so ’n voorsmakie gehad van wat dit beteken om sonder water te sit. Dit was beslis geen grap of avontuur nie. Nie soos beurtkrag waar ons gemoedelik ’n paar kerse kan aansteek en sommer ‘n lekker romantiese aand daarvan probeer maak nie.
Nee, gaan vra maar vir ander Suid-Afrikaners, en nie eers ver van ons af nie (so naby soos Parys), hoe voel dit om dae lank sonder water te wees.
Is dit ’n moontlikheid in Potchefstroom? Gaan lees die berig waarin raadsheer Chris Landsberg (en mens word raadsheer omdat jy nie net ’n paar maande op die Raad is nie) sy kommer oor die waternetwerk deel en beantwoord self die vraag.
Herstel ’n ou pyp, of vervang dit deels met ‘n nuwe pyp, dan bars dit op ’n ander plek as gevolg van die waterdruk. Opgaartenks kan effektief leegloop as daar groot barste ontstaan. Boonop verloor die stadsraad geld met al die miljoene liters water wat verlore gaan en verkoop kon word. Geld wat kon help om juis die netwerk in stand te hou.
Maar die verlies aan geld is nie al nie. Ons kan in ‘n waterskaars land soos Suid-Afrika nie water durf mors nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button