NewsNews

Man kritiek na twee trokke bots

Twee trokke het vanoggend (28 November) omstreeks 00:30 op die N12, Johannesburg rigting met mekaar gebots.

Twee trokke het vanoggend (28 November) omstreeks 00:30 op die N12, Johannesburg rigting met mekaar gebots.

Dit nadat een van die voertuie in die agterkant van die ander in vas gery het. Die een bestuurder het slegs ligte beserings opgedoen, omdat hy na bewering uit die voertuig uit gespring het toe hy sien dat ʼn botsing onkeerbaar was.

crash

Die ander bestuurder is in ʼn kritieke toestand deur ʼn Netcare 911 ambulans en IMR paramedici na Medi-Clinic Potchefstroom geneem vir verdere behandeling.

Dié bestuurder was vasgekeer in die kajuit van sy trok, brandweer personeel het ongeveer ses ure gespook om uit die wrak te bevry.

Related Articles

Back to top button