SportSport

10 uit 10 met NWU-Puk-Rugbyinstituut se Mervyn Taylor

1.Vertel my meer oor wat jy doen vir ’n  lewe (wat behels dit, wat is die lekkerste daarvan en wat is die slegste daarvan) Ek is Rugbybestuurder by die NWU-PUK, dit is baie lekker as ons trofeë wen en om te sien hoe die spelers ontwikkel by die PUK, dit is ook baie lekker om …

1.Vertel my meer oor wat jy doen vir ’n  lewe (wat behels dit, wat is die lekkerste daarvan en wat is die slegste daarvan)

Ek is Rugbybestuurder by die NWU-PUK, dit is baie lekker as ons trofeë wen en om te sien hoe die spelers ontwikkel by die PUK, dit is ook baie lekker om te sien hoe ons spelers oral oor in die land speel. Die slegte deel van die werk is om te sien dat sommige spelers hulle talente vermors en die feit dat ons nie almal wat ‘n geleentheid verdien kan help nie.

  1. Waar het jy grootgeword en toe jy ’n kind was, wat wou jy eendag word?

Op ‘n plaas naby Heidelberg, as ‘n plaaskind het ek gedink ek wou ‘n veearts word, maar toe ek my vermoë met wiskunde en wetenskap eers besef het ek geweet dit gaan nie gebeur nie.

  1. As jy een plek kon kies in Potch waar jy meeste van jou tyd wil spandeer, waar sou dit wees?

Fanie du Toit Sportterrein, en by my huis.

  1. Vyf mense wat jy nog wil ontmoet en hoekom?

Ek is nie baie gesteld daarop om spesifieke mense wat tans in die wêreld is te ontmoet nie, ek geniet die meeste mense wat ek reeds ken en ook die wat ek op ‘n gereelde basis ontmoet. Daar is egter mense wat geleef het wat ek baie graag sou wou ontmoet het:

-Genl. Jan Smuts – die grootste leier wat nog deur SA opgelewer is

-Winston Churchill  – die man wat bereid was om die grootste euwel van moderne tye aan te vat, sonder dat hy die uitkoms kon bepaal.

-Moeder Theresa – om so baie goed in jou te hê is nie maklik, sy kon ons baie geleer het.

-Dr Danie Craven – grootste gees in ons rugby ooit, hy sou ‘n onuitputlike bron van kennis oor die sport gewees het.

-My oupa Taylor – hy sou vir ons so baie kon vertel oor die Boere Oorlog, 1ste Wêreld Oorlog en sommer oor sy hele lewe, sy vriendskap met dr. Broom en nog baie meer goed.

  1. Saam met wie wil jy nie in ‘n huisbak vassit nie (net een persoon)

Enige professionele sportman wat nie ‘n span gehaal het nie of wie se kontrak nie hernu is nie.

  1. Jou gunsteling plek waarheen jy al gereis het, of heen wil reis?

Wallis en Engeland, sou baie graag Frankryk toe wou gaan. Die Weskus is egter ook besonder en ek sal enige tyd weer en weer daarheen gaan.

  1. Wat is jou stokperdjies?

Meeste sportsoorte bywoon en of daarna kyk op TV.

  1. Vyf dinge wat jy nooit die huis mee sal verlaat nie?

‘n Warm kledingstuk as ek uitgaan, winter of somer, my selfoon, my pyp en tabak en my beursie. Ek behoort ook nie sonder ‘n hoed uit te gaan nie, maar doen dit baie.

  1. Drie gunsteling disse?

Afval

Macaroni en kaas met ‘n skaaptjoppie daarby.

‘n Bord gekookte boerekos.

  1. Wat is jou gunsteling aanhaling?

“It is not good enough to say you did your best, we have to win” en “eendrag maak mag”.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button