NewsNews

Potchefstroom jubel oor goeie reën

Die droogte is dalk iets van die verlede omdat ‘n goeie reënseisoen vir Potchefstroom voorspel word.

Die droogte is dalk iets van die verlede omdat ‘n goeie reënseisoen vir Potchefstroom voorspel word.
Die afgelope week was net ‘n voorsmakie van wat nog kan kom.
Oktober het reeds bogemiddelde reënval opgelewer. Hoewel die 67mm net 1mm bo die langtermyn gemiddeld van 66mm is, is dit die derde keer in 10 jaar dat die reënval in Oktober bo die langtermyn gemiddeld is.
In November het dit ook reeds goed gereën en tot dusvêr het daar 54mm geval.
Volgens Selectech gaan Suid-Afrika oor die algemeen nou begin om swaar reën en uiterste weerstoestande te ondervind met die aanbreek van La Nina. Abnormale reënval kan egter ook vloede veroorsaak.
Nog goeie nuus is dat Potchefstromers hul samewerking gegee het met waterbesparing.
Volgens Willie Maphosa, woordvoerder van die stadsraad, is meer as 2.5 miljoen kiloliter water oor ‘n tydperk van agt maande, van Maart tot Oktober, in vergelyking met die voorafgaande agt maande, bespaar.
Syfers wys ook dat waterverbruik in Junie minder was as enige ander maand, toe net 905 546 kiloliter gebruik is. Dit is byna 400 000 kiloliter minder as in Maart.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button