SportSport

Gimmies se atlete wys hulle talent by NWU Puk Top 30

Potchefstroom Gimnasium se atletiek is vanjaar aan die kook. Die afgelope naweek het die gees behoorlik geborrel toe hul atletiekspan ‘n algehele sesde plek in die gesogte NWU Puk Top 30 Atletiekbyeenkoms behaal het. Hierdie atletiekbyeenkoms het die afgelope naweek (21-22 Oktober) op die Puk McArthur-stadion plaasgevind. Hierdie is ‘n fenomenale prestasie as ‘n mens …

Potchefstroom Gimnasium se atletiek is vanjaar aan die kook.

Die afgelope naweek het die gees behoorlik geborrel toe hul atletiekspan ‘n algehele sesde plek in die gesogte NWU Puk Top 30 Atletiekbyeenkoms behaal het.

Hierdie atletiekbyeenkoms het die afgelope naweek (21-22 Oktober) op die Puk McArthur-stadion plaasgevind.

Hierdie is ‘n fenomenale prestasie as ‘n mens dink dat Gimmies teen groot skole, waaronder Zwartkop en Menlopark, in die A-afdeling moes meeding.

Die 10 beste skole in die A-afdeling in volgorde van 1 tot 10 was:

Prestige College, Helpmekaar, Menlopark, Garsfontein, Kemptonpark, Gimmies (50 570 punte), Montana, Noordheuwel, Zwartkop en KHS (49 606 punte). Lichtenburg is die ander Noordwes-skool wat in die A-afdeling deelgeneem het en eindig 16de met 44 776 punte.

Noordwes-skole wat in die B-afdeling deelgeneem het, was Wesvalia (45 171 punte), Volkies (38 390 punte), Schoonspruit (15 660 punte), Girls High (12 603 punte) en Boys High (12 489 punte). Gimmie-atlete wat meer as 1 000 ABSA-punte verwerf het was Leasha Lourens (diskus), Miandi van Staden (200m), Philip Botha (spiesgooi), Nardus Swart (100m hekkies), Donevan du Toit (100m), Waldouw Smit (spiesgooi) en Carmen Fouché (verspring). Daar was ook 20 prestasies bo 900 punte.

Donevan du Toit
Donevan du Toit

Donevan het self sy eie persoonlike beste in die 100 meter verbeter en glo dat hy die atletiekjaar op ‘n hoogtepunt afgesluit het.

“Ek is baie dankbaar om ‘n 10.74 te hardloop in die 100 meter. My wegspring was nie goed nie, maar aan die  einde het ek ‘n goeie wedloop gehad.

“In die verspring het ek my PB met net 4 sentimeter gemis.

“Dit was ‘n goeie manier om die jaar af te sluit. Die belangrikste is om positief te bly,” het hy na die afloop van sy items gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button