SportSport

Gimmies kry weer die oorhand oor Volkies in Noordwesfinaal

Dit was ‘n geval van Déjà vu op Saterdag 15 Oktober vir Volkies en Gimmies se eerste krieketspanne in die Super A Noordwesliga-eindstryd. Net soos verlede jaar, het Gimmies ‘n lae teiken van Volkies oorgesteek en vir die tweede jaar in ‘n ry hulle tradisionele teenstanders met leë hande huis toe gestuur. Volkies kon slegs …

Dit was ‘n geval van Déjà vu op Saterdag 15 Oktober vir Volkies en Gimmies se eerste krieketspanne in die Super A Noordwesliga-eindstryd.

Net soos verlede jaar, het Gimmies ‘n lae teiken van Volkies oorgesteek en vir die tweede jaar in ‘n ry hulle tradisionele teenstanders met leë hande huis toe gestuur. Volkies kon slegs 214 almal uit op die telkaart aanteken, met Gimmies wie se 218/7 hulle die titel laat behou het. Nes in 2015 het Jaco Schoeman (67) weer met ‘n uitstekende kolfbeurt vir Gimmies op die wenpad gestuur na hulle in ‘n effense penarie op 56/3 was. Schoeman het ook ‘n massiewe ses geslaan wat met gemak oor die muur geseil het.

Saam met Rinus Prinsloo (83) het die twee rustig met goeie houe en briljante hardloopwerk tussen die paaltjies ‘n 112 lopie vennootstap gebou.

Robbie de Villiers
Robbie de Villiers

IMG_2426 (Large) IMG_2384

“Ons het baie tyd gehad om die lopies te kry. Ons het rustig gekolf en geweet as ons genoeg paaltjies oor het sal ons dit kan deurdra. Die boulers het ook hulle deel gedoen,” het Schoeman met ‘n groot glimlag gesê. Net soos in die vorige jaar, was daar weer ook spannende oomblikke toe Volkies se uitstekende draaibouler, Cobus Crowther, met vier vinnige paaltjies vir Volkies terug uit die dood gebring het. Sy 5/39 in 10 boulbeurte was briljant maar net nie genoeg nie.

IMG_2420 (Large)

Volkies kan terugkyk na ‘n middelmatige vertoning met die kolf wat hulle op ‘n goeie kolfblad in die steek gelaat het. Martin Fourie het met 34 die hoogste telling aangeteken, met talle kolwers wat ‘n 20 of 30 geslaan het. Iemand moes deurkolf en die beurt geanker het. Pierre Botma (3/24) en Divan Minnie (3/39) het Volkies se kolfskip laat wankel. Dit is die vierde jaar agtereenvolgens dat Gimmies die NW-kampioene is. Gimmies speel die komende naweek tuis teen EG Jansen in die Noordvaal-kwartfinaal.

Gimmies se staatmakers met die kolf was Jaco Schoeman (links) en Rinus Prinsloo (regs) met vyftigtalle. In die middel is Gimmies se kaptein, Herman de Jong.
Gimmies se staatmakers met die kolf was Jaco Schoeman (links) en Rinus Prinsloo (regs) met vyftigtalle. In die middel is Gimmies se kaptein, Herman de Jong.
  • Gimmies se tweedespan het Ferdies se eerstespan met 90 lopies in die Super B-NW-finaal verslaan. Dréan van der Bank (65) en Carel van Wyk (57) was die beste kolwers, terwyl Dawie Röntgen 3 paaltjies geneem het.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button