SportSport

Die vuurwerke gaan tussen dié vier spat in Varsity Netbal halfeindstryde

Onoorwonne Tukkies, verrassende Madibaz, mededingende Maties en selfversekerde Pukke Hierdie vier netbalspanne gaan hierdie komende Maandag, 10 Oktober in die halfeindrondes van die glorieryke en onvoorspelbare Varsity Netbaltoernooi deelneem. Met een voet alreeds in die eindstryd, gaan al vier spanne hulle beste probeer om die volgende trap na die eindstryd te klim. Die verdedigende kampioene, …

Onoorwonne Tukkies, verrassende Madibaz, mededingende Maties en selfversekerde Pukke
Hierdie vier netbalspanne gaan hierdie komende Maandag, 10 Oktober in die halfeindrondes van die glorieryke en onvoorspelbare Varsity Netbaltoernooi deelneem. Met een voet alreeds in die eindstryd, gaan al vier spanne hulle beste probeer om die volgende trap na die eindstryd te klim.

LB180916VN166

Die verdedigende kampioene, NWU Pukke het tot dusver ’n interessante toernooi beleef waar hulle vir ’n ruk sonder hulle Proteaspelers, Renske Stoltz en Sigi Burger moes klaarkom en ‘n paar nuwe kombinasies kon toets. Marna Claassens is een van hierdie spelers waar haar spel verhef het en as een van die uitblinkers uitgestyg het.

 

So ook Romé Dreyer op senter en Mandy Hermanus op aanvallende vleuel. Die uiters betroubare Zandré Kruger was ook sover ‘n regte steunpilaar op verdediging. Tog het Dorette Badenhorst se Pukke na ‘n paar massiewe oorwinnings ook ‘n onwaarskynlike nederlaag teen die Madibaz beleef wat aan swak skeidsregtersbesluite en onnodige foute toegeskryf kan word.

2016 Varsity Sports Netball series

Maties kan nie op hulle tuisveld in hierdie halfeindstryd onderskat word nie. Met kaptein Juline Rossouw aan die stuur op verdediging, Jo Prins in die middel en Cari Swart op die aanval sal die span ‘n handvol op hulle tuisbaan wees. Maties sal ook alles in hulle krag wil gebruik om Pukke ore aan te sit nadat hulle nou al die smaak van twee nederlae in ‘n ry teen die Potchefstromers moes proe.

In die tweede halfeindstryd gaan Tukkies as die oorweldigende gunsteling teen die suksesstorie van vanjaar se toernooi, NMMU se Madibaz, kragte meet. Jenny van Dyk se Tukkies behoort hier te sterk voor hulle tuisskare te wees en ‘n oorwinning vir die Madibaz sal ongetwylfeld die skok van die toernooi wees.

Lenize Potgieter, Melissa Kotze en kie behoort te sterk te wees en sal graag vanjaar die eindstryd wil haal en volstoom die trofee inpalm.

Maties vat Pukke aan by die Coetzenburg Arena om 17:00, terwyl Tukkies en die Madibaz om 19:00 teen mekaar in die ander halfeindstryd te staan kom. Albei wedstryde sal regstreeks op Supersport 210 uitgesaai word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button