NewsNews

Man in hospitaal na onderonsie by bekende kuierplek

’n Onderonsie by ’n bekende kuierplek in die stad het ’n man in die hospitaal laat beland.

’n Onderonsie by ’n bekende kuierplek in die stad het ’n man in die hospitaal laat beland.
Die Herald het die beeldmateriaal van die sekuriteitskameras onder oë gehad.
Saterdagoggend omstreeks 02:00 het die uitgooiers van die kuierplek ’n man uitgeneem. Een van die man se vriende het vermoedelik in ’n woordewisseling met ’n ander uitgooier betrokke geraak. Die argument tussen die twee het die gemoedere hoog laat loop, waarna die man houe na die uitgooier toe geslaan het. Die uitgooier het teruggeslaan en die man raak met een hou raakgeslaan.
Die man het grond toe geval, waarna die situasie ontlont is.
Die ander uitgooiers het ’n sirkel om die man wat geval het gevorm en dadelik die ambulans geskakel.
Die man is na Mediclinic Potchefstroom en later na die Milpark-hospitaal geneem waar hy vir kopbeserings behandel is. Die man se vrou het gevra dat die familie se privaatheid respekteer word. Sy het wel bygelas dat haar man elke dag aansterk en dat haar groot bekommernis is om hom deur dié tyd te kry.
“Ons dink aan hom, en hoop dat hy spoedig sal herstel,” het die eienaar van die kuierplek gesê.
Volgens ’n verklaring van die eienaar het hulle ’n geen geweld-beleid.
“Die personeel het ’n plig om die belange van die publiek, ons kliënte en ons eiendom te beskerm en het ook ’n reg tot selfbeskerming,” lui die verklaring. Die betrokke personeellid het homself vrywilliglik by die polisie gaan aanmeld en is onvoorwaardelik vrygelaat nadat die polisie die beeldmateriaal gesien het.
Verlede jaar het Herald berig oor Quentin van Niekerk wat by ‘n ander kroeg in Potchefstroom ook met een hou getref is. Hy het so sleg geval dat hy later aan sy beserings dood is.

Related Articles

Back to top button