NewsNews

Vermeende plaasaanvallers werk vir polisie

Twee verdagtes is op die N12, buite Potchefstroom in hegtenis geneem in verband met ’n plaasaanval in Coligny.

Twee verdagtes is op die N12, buite Potchefstroom in hegtenis geneem in verband met ’n plaasaanval in Coligny.
Peet Nortjè (67) is op sy plaas in Coligny deur twee mans aangeval en aangerand. Omstreeks 16:47 op 15 Julie het vier verdagtes twee van die plaaswerkers oorval en in ’n kantoor vasgebind. Daarna het hulle Nortjè in die huis ingedwing en aangerand.
Volgens adj.-off. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het Nortjè se buurman hom kom help. Sy hande was vasgebind met drade en daar was bloed oral op die toneel. Die polisie se taktiese reaksie-eenheid is ingeroep, waarna twee van die verdagtes naby Potchefstroom vasgetrek is. Die ander twee verdagtes is steeds op vrye voet. Volgens Manyoba is hulle onderskeidelik 30 en 31 jaar oud. Dit is ook bevestig dat een van die verdagtes ’n administratiewe klerk in diens van die Madibogo-polisiestasie is. “Die polisie moet nou al in hul eie geledere soek na verdagtes. Hoe moet die publiek weet wie wolf en wie skaapwagter is? Dit word ‘n ál groter prioriteit vir gemeenskappe om hulself te beveilig,” het Ian Cameron, hoof van Gemeenskapsveiligheid by AfriForum gesê.

Related Articles

Back to top button